• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Photoscape Tegniek (5) Threshold

Started by Meraai vannie Baai, October 31, 2011, 04:25:35 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

As jy die program oopgemaak het, onder "Home" is daar vier blokkies, kliek op "Threshold". Kies die kleur wat jy wil gebruik en trek die balkie weerskante toe om te sien hoe die beeld verander. "98" is 'n goeie beginpunt. By die 'crop' funksie het ek 'round' gekies en 'n wit agtergrond.

By "Object" is daar 'n hoofletter T. Dit laat jou toe om te skryf by jou foto. Speel maar deur te skuif en strek met die skrif. Jy kan ook 'n vormpie kies waarin jou skrif verskyn. Nou is jou skepping gereed om elektronies geraam te word  :hello2:







PM

Dit lyk baie goed, net soos 'n potloodskets.  Dankie Raaitjie, jy bly maar 'n ou sterretjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Bly jy het geniet mater. Die program  nooi 'n mens met gulle gebruikersvriendelike funksies om so bietjie te speel en toor aan gewone fototjies. Ekke LIEFFFFF dit  :love7:

PM

Die boek is amper uit my hande uit.  Dit sal nogal vreemd wees om na soveel maande weer 'n "normale" lewe te hĂȘ waar ek kan skryf en met hierdie program speel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Weet presies hoe jy voel  :evil6: laaaaank na die tyd voel dit nog jy moet werk aan 'n blad of ses! My plek geboek vir jou terugkoms en saamspeel  :love7: