Author Topic: Kan mens iemand werklik ken?  (Read 4342 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kan mens iemand werklik ken?
« on: October 30, 2011, 07:07:00 PM »
Kan mens werklik iemand ken?...  lees ek in 'n onderhoud-artikel van Hanlie Retief.  Die onderhoud wat sy gevoer het met die vrou van die sg Sondagverkragter.
Volgens die dame is haar man en pa van hul seuntjie en die Sondagverkragter twee afsonderlike mense.
Hoe bly jy vir jare so intiem saam met iemand en KEN hom nie werklik nie?
En dan wonder ek ook:  Kan mens werklik iemand ken?
elle

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #1 on: October 30, 2011, 09:31:55 PM »
Ek dink mens kan iemand werklik ken.  Ek dink jy kies om "dinge" te ignoreer of nie raak te sien nie.  Soos as jy iemand BAIE lief het dan tel jy mos nie sy foute nie, jy sien die goed in hulle raak.  Persoonlik dink ek sy het hom nie noodwendig geKEN soos wat sy wou nie, maar sy het haar oe toe gehou vir dit.  of is ek verkeerd?

Dit is soos daai outjie wat 'n kind in sy skool met 'n samurai swaard dood gemaak het, hoe ken jy nie jou kind goed genoeg nie? OF hoe gaan jy vir maande nie een keer in jou kind se kamer in nie?
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #2 on: October 30, 2011, 09:55:47 PM »
soms voel dit my dat ek myself nie eers ken nie

soos vrydag toe die spietkop my 'n boete gee oor ek nie my liksens by my gehad het nie, ek was nie lelik met hom nie maar ook nie vriendelik nie. ek wil nie so wees nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #3 on: October 31, 2011, 03:35:00 AM »
Alhoewel hy seker net sy werk gedoen het sou ek ook nie baie vriendelik met hom gewees het nie Lox.

Mens ken nooit 'n ander 100% nie. Jy ken net soveel as wat hy/sy aan jou openbaar. Die res raai jy. Ek is 31 jaar getroud en sien steeds nou en dan 'n nuwe sy van my vrou en ek weet dat sy my ook nooit 100% sal ken nie. Wees eerlik met jouself en jy sal moet erken dat daar dinge is wat jy liewers vir jouself hou solank as wat jy kan. Dis nie omdat jy iemand anders of jou geliefde wantrou of om die bos wil lei nie maar jy het ook 'n sekere mate van privaatheid in jou lewe nodig wat dit onmoontlik vir ander maak om jou 100% te ken. Ek dink dit hou die lewe en die huwelik interresant.
Soos in genoemde gevalle is daar egter ook gevalle waar die wegsteek ongesond is.
Dan moet ons ook in gedagte hou dat mens, soos alles in die lewe breekpunt het. Omstandighede kan dalk 'n rustige, kalm persoon in 'n oogwink in 'n monster verander wat 'n mes of 'n skietding in die hande kry voor hy gehelp kan word...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #4 on: October 31, 2011, 04:33:06 AM »
Hoe waar is jou woorde nie Naas! Dit is male sonder tal net daardie ekstra las wat op skouers gelaai word wat die gees knak en 'n tragedie homself kan afspeel. Dan is ons soos 'n ballon gevul met helium - wat begin afblaas. Ek het gesien hoe selfs 'n fyne lintjie gebind aan die eens swewende ballon, dit dan 'aftrek' aarde toe. Ons weet nie altyd hoeveel helium is nog in iemand anders se ballon nie, al ken ons die persoon HOE goed.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #5 on: October 31, 2011, 10:30:18 AM »
Chichi, iemand moet darem baie verleë wees om by 'n persoon wat sulke ernstige afwykings het, te bly.
Hoe hou jy jou blind daarvoor?  As jy werklik iemand lief het sal jy eerder gaan hulp soek vir daardie persoon.
Wat ook van die slagoffers? 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #6 on: October 31, 2011, 07:26:27 PM »
Het al gehoor van mense wat mekaar so goed ken, hulle kan mekaar se sinne voltooi.
Ek persoonlik wil nie iemand so goed ken nie. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #7 on: November 01, 2011, 08:12:14 AM »
Ek glo dat ek en Hannes mekaar so goed ken dat ons mekaar se gedagtes kan lees.  Na 44 jaar saam is dit seker ook nie snaaks nie.  Nie een van ons is onvoorspelbaar nie, maar tog weet 'n mens nooit watter omstandighede kan daartoe lei dat een van ons iets sal aanvang wat die onder nooit sou verwag het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Kan mens iemand werklik ken?
« Reply #8 on: November 01, 2011, 10:26:55 AM »
Ek dink daar is 'n verskil tusseniemand se mesnwees ken en kleine dingetjies elke dag ontdek van die persoon wat jy liefhet. As die menswees en die draadjie te styf gespan is dat hy 'snap' sal daar sekerlik tekens wees?  Soos iemand wat altyd soosin altyd glimlag, is sekerlik wanr hy by die huis kom en onder baie stres is minder vriendelik?  Al is dit ietsie kleins, behoort jy dit nie op te tel as jy jou lewe samet daardie persoon spandeer nie?
*The one and only AWESOME-EST