• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Is julle al getel ?

Started by Angelica, October 26, 2011, 07:18:44 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Was daardie mense met die neongeel toppies al by julle deur ?
Is julle al getel ?
31 Oktober 2011  is 'n paar dae ver en niemand was nog hier by my deur nie.
En by die deur sal hulle staan vir 'n paar minute tot ek klaar geskribbel het op die vorm.
elle

Lox

nog niks by ons nie
ek het gelees in die koerant Saterdag dat na 2 weke is in die wes kaap sowat 450 000 mense getel en hier is sowat 1,5 miljoen wat getel moet word.

ook gelees of gehoor op radio dat as jy nie na 31 oktober getel is nie, vra hulle dat jy die statistiek diens kontak en jou self aanmeld.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ons is al so twee weke gelede getel hier in Annlin. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

 :icon_scratch: Hoekom tel hulle die mense? Is daar dan een weg??  :icon_scratch:








:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nee ek glo nie.   :icon_biggrin:  Daar het 'n paar bygekom, van heinde en verre.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Giggles... lyk my die klomp kom so vinnig deur die draad daar bo dat die tellers nie kan byhou nie.
Lox, waar moet ons aanmeld?
En is dit in volle mondering? 

elle

Lox

ek dink hulle het geseg by statistiek aanmeld maar ek gaan nie aanmeld nie, hulle moet maar dink ek is weg

wonder of ek nog kan onthou waar ek die nag van 9 Oktober was, dis so lank gelede ek hou nie boek waar ek was nie.
ek hoor hulle tel buitelanders wat hier was daai nag en suid Afrikaners wat in buiteland was daai nag word nie getel nie. dit trek mos hulle syfers skeef van die hoeveelheid stofsuiers en wasmasjiene ens.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Ons is al getel!! die outjie was drie aande in 'n ry hier want elke aand het hy hier aangekom in die middel van aandete. En toe jaag my pa hom want aandete word nie onderbreek dier tv of selfone of gewone fone of rekenaars of enige tipe tegnologie nie. Maar die derde aand toe vat my pa ma die goed in vul dit in en kry klaar
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit is 'n goeie gewoonte om by die tafel te sit en eet sonder onderbrekings.
Deesdae eet almal op hulle skoot wanneer hulle honger is en dit voor die TV.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

dankie vir die vertel daarvan tjiekie, nou sien ek ons is darem nie abnormaal om nie by die TV te eet nie, maar aan tafel.

dis hoe dit hoort.

ja moet nog sien wanneer kom hulle hier aan om ons te tel.

wat seg hulle as jy nie alles wil invul nie?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

My pa wou nie die gedeelte van salaris ens invul nie so toe los hy dit net oop. hulle het nie gemoan daaroor nie, dit is mos jou reg om nie vir iemand te vertel wat jou inkomste is nie.

Jip dit is 'n goeie gewoonte, dits nou nie elke liewe aand so nie want ek het sommige aande ballet en so aan so dan eet ek op my skoot voor die tv maar by my male, maar wie ookal hier is tydens ete moet by die tafel sit, tensy dit pizza of take away aand is, want dan kyk ns gewoonlik 'n movie ook
*The one and only AWESOME-EST


Lox

ons is nog nie getel nie....

wonder of ek nog kan onthou wie was daai aand van 9 okt by ons in die huis en of ek hier was of op i ander plek. ek hou mos nie boek van waar ek wanneer is nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

Nou ja, dit is alweer naweek en dan is dit 31/10/2011, die laaste dag van tel.
Dink julle die ouens sal nog opdaag? Nie dat hulle afwesigheid my onsigbaar gaan maak nie.
Wil darem nou nie heel naweek sit en wag vir niks terwyl die aarde draai nie.
Miskien was Khyalitsha groter en digter as wat aanvanklik gemeen is en het hulle baie meer tyd daar spandeer.
elle

Lox

hulle sou vanmiddag die een buurman se werkers by sy stoor tel. die werkers moes 12 uur daar wees en later kry hulle toe 'n boodskap dat hulle vanaand getel sal word........hulle moet net by hulle huise wag.

hahaha ek het nuus vir hulle

op 'n Vrydagaand gaan plaaswerkers nie vir hulle wag nie en nie aan die versoek steur nie, sommige gaan dorp te, ander loop rond en kuier rond en hou party. en op i Vrydag aand is min van die mense wat hulle wil tel nugter.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ek is bly dit is nie my taak nie.  Op Universiteit het ons gespot met statistieke. 
(Tussen hakies, ek was 'n kommitee lid daar, het elfuur in die oggend in die gang gestaan en skree: hier kommie tee!)   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.