• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die een al gehoor???

Started by Angelica, October 24, 2011, 08:37:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Net vandag gehoor, so dis kraakvars.

Piet haat sy vrou se kat en besluit om ontslae te raak daarvan.  Hy vat die kat en ry so 2km ver en smyt hom uit die kar.  Toe hy by die huis kom, wag die kat vir hom.  Weer laai hy die kat en ry so 5km weg en smyt hom uit.  Kom by die huis en hier wag die kat vir hom.  Hy laai weer die kat en ry 'n moooeeeeviese ent - dan links, dan regs, dan 'n ent terug, dan weer links en regs vir km's en gooi uiteindelik die kat weer uit tussen die bossies in. 
Na 'n ruk bel hy sy vrou en vra of die kat by die huis is. Ja, se sy, hoekom?  Gee die foon vir die d... se kat.  Ek het in my dinges in verdwaal!!
elle

PM

Arme Piet, ek hoop hy het sy les geleer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.