Author Topic: Brandewyn het nie brieke  (Read 6461 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Brandewyn het nie brieke
« on: April 22, 2011, 01:48:25 PM »
Brandewyn het nie brieke

Vrydagaand, jolyt tyd
Mannetjies, meisies giggel en fuif
Gooi nog ‘n dop Bob, ‘n dop wat skop
Brandewyn het nie brieke

Check my chick, check my wiele
1600 met Turbo, NOS op die sideline
18 duim wiele en
Brandewyn het nie brieke

By die roadhouse die Ayrtons van die straat
Hul wiele Groen, Rooi
Hier’s ‘n Witte met vlamme op die bonnet
Brandewyn het nie brieke

Wiele wat tol, wiele wat rook
3000 refs en die Turbo sug
4000, 5000 – die NOS is los
Brandewyn het nie brieke

Geknars, geskree van metaal wat skeur
Glas klingel op die pad
En die stilte na die botsing
Brandewyn het nie brieke

Gou, snel, dié een bloei
Hier’s nog een, haar dice finaal verby
Oë starend die hiernamaals in
Brandewyn het nie brieke

‘n laaste dop, een vir die pad
‘n laaste gebed, ‘n kluit op die kis
nog ‘n straat Ayrton verdwyn in die mis want
Brandewyn het nie brieke

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #1 on: April 22, 2011, 01:51:09 PM »
Mmmm ja - en hulle se coke is ook nie breakfluid nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #2 on: April 22, 2011, 04:06:51 PM »
Hartlik welkom JeannedArc.  Ek is mal oor hierdie gedig.  Engelse woorde in Afrikaanse gedigte doen dit net nie vir my nie,  MAAR  hierdie woorde is so gepas en funksioneel.  Baie dankie dat ek dit kan deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Brannewyn en brieke
« Reply #3 on: April 22, 2011, 06:07:54 PM »
Sosiale kommentaar wat elkeen van ons wat al op die rand probeer leef het, aanspreek.  'n Treffende beskrywing van hoe 'n entiteit wat onder verantwoordelike omstandigdhede, skadeloos kon wees, gewoonlik die skuld kry as die gebruiker daarvan dit roekeloos gebruik.  Het iemand dalk 'n gedagte te deel oor die ontkenningsvorme wat hier gebruik word?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #4 on: April 22, 2011, 06:22:19 PM »
In die konteks van die gedig praat die mengeltaal net die waarheid. Ons sit landvol met die probleem wat so pragtig beskryf word.
En die ontkenning, Stof, is hier vir my so gepas. Dit onderstreep en benadruk die waarheid.
Behalwe dat die ou wat brandewyn stook nie brieke daarin bou nie, olie die brandewyn nog die moer wat die stuurwiel vashou se brieke sodat hulle glad nie werk nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #5 on: April 25, 2011, 05:37:59 AM »
Praat Stof nou van die ontkenningswoord "nie"?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #6 on: April 25, 2011, 04:48:15 PM »
Praat Stof nou van die ontkenningswoord "nie"?

PM is darem maar slim.  Sy is in die kol. Sou die gebruik van die dubbel nie, dalk 'n sinvolle verskil in ritme kon maak?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #7 on: April 25, 2011, 07:35:48 PM »
Moet Stof nou in die digter se liefdeslewe gaan krap. Ek het juis die feit dat die tweede "nie" weggelaat is dit ervaar dat daar meer aandag getrek word na die belangrike feit dat Brandewyn nie brieke het. Die feit dat die digter die tweede nie weglaat trek aandag omdat dit ongewoon klink.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #8 on: April 26, 2011, 07:37:09 AM »
Dit is nie Stof se manier nie,  PM het hom aangesteek, want dit was hy wat eerste met die mooi gedig kom spog het en toe krap ons saam in daai slaai.   :icon_biggrin:  Wat is lekkerder in elk geval?   :icon_biggrin:

Na my mening is dit gebruiklik om die tweede "nie" in Arikaans te skryf,  tensy 'n mens met 'n voorgeskrewe gedigstruktuur te doen kry,  wat 'n lettergreeptellingvereiste het.  Selfs dan sal ek probeer om die tweede ontkenningswoord in te pas.

In sekere gevalle versag die "nie" aan die einde van 'n versreël die rymwoord.  In hierdie geval pas dit die ritme (metrum) aan.  Dit is net daardie klein woordjie wat vir my die laaste versreël laat  "sing". 

Gooi nog ‘n dop Bob, ‘n dop wat skop
Brandewyn het nie brieke nie!
    Net om die halfrym effens te verskerp en die ritme meer aan te pas,  sodat die lettergreeptelling dieselfde bly,  sou ek,  arme stupid,  dit so geskryf het:

Gooi nog ‘n dop Bob, ‘n dop wat skop
Brandewyn het mos nie brieke nie!
      Tog werk dit net so goed sonder die "mos".

Wat nogal interessant is  (vir my) is dat die gedig  tot en met die vierde strofe,  humoristies is.  Dan, vernuftig,  plaas  die skryfwer die atmosfeer in 'n heel ander dimensie of 'n "gevoel".

Geknars, geskree van metaal wat skeur   
Glas klingel op die pad
En die stilte na die botsing ...
Brandewyn het nie brieke nie


Geknars, geskree van metaal wat skeur      pragtig maak die skrywer gebruik alliterasie en assonansie

Maar wag,  ek is seker nie veronderstel om 'n hele uitleg oor hoe ek dit ervaar,  hier uiteen te sit nie, maar brandewyn het mos nie brieke nie.   :icon_biggrin:

Natuurlik is dit elke leser en elke digter se voorkeur wat tel en ek respekteer dit.  Ek sou nou net julle eerlike mening wou hoor. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #9 on: April 26, 2011, 08:30:51 AM »
Om te nie of nie te nie nie, dit is die vraag.
PM, ek stem saam oor die 2de nie as jy die gedig wil sing maar voel steeds die weglos van daardie nie beklemtoon die waarheid juis omdat jy onbewustelik die nie daar soek. En dit is nie snert.
Ek self breek baie keer reels om aandag te trek. Hoekom dink jy dra ek my blommetjies G-string kerk toe? Die dominee hou niks daarvan nie want dan kry hy nie aandag nie maar dis sy probleem.
(So tussen ons, ek het nou al soveel gewig verloor dat ek al kruisbande saam met die gatstring dra anders bly die ding afsak en dis nie 'n mooi gesig nie. Maar nou's ek heeltemal van die onderwerp af.)


  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #10 on: April 26, 2011, 08:51:04 AM »
 :hello2:  Ek is bly dit gaan so goed met jou dat jy tot die predikant "uithaal".  (Uit die kollig uit  :icon_biggrin:
Kollig!   :icon_biggrin:

Om te nie of nie te nie nie?    Ek stem wel met jou saam dat dit die skrywer se voorkeur is.  Solank die skrywer 'n funksie het met die weglating of byvoeging of die reël wat hy breek,  is alles in orde.  Hier kom die gebruik van die Engelse woorde en vaktaal weer ter sprake.  Jeannedarc het gebruik gemaak van die "straattaal" en elke woord is funksioneel.   :notworthy:  'n Mens kry digters wat Engelse woorde rondslinger in hul digkuns wat werklik geen funksie het nie en vir my is dit onaanvaarbaar. 
« Last Edit: April 26, 2011, 09:04:54 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #11 on: April 26, 2011, 09:12:26 AM »
Nou is die luisbreintjie bietjie kleiner as 'n mensebrein.  Sou Naas dalk kon deel waarvan die weglating van die tweede nie, die leser se aandag moet aflei.  Gewoonlik slaap Stof nog hierdie tyd van die oggend, dus is hy maar yl van denke.

Dat Naas nou die aandag van die dominee aflei, klink vir my reg.  Naas het genoeg talent om dit met reg te mag doen. Maar Natalie het nie 'n dominee nie, sy het 'n priester...
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #12 on: April 26, 2011, 11:56:58 AM »
Nee Oom Stof man. Nie aflei nie. Eerder vestig. Omdat ek en jy en al die Afrikaanse lesers die "nie" daar verwag sou ons maar die ou gesegdes van "Brandewyn hettie brieke nie." net weer lees omdat ons dit ken en geen aandag daaraan gee nie, maar nou is die nie weg... NOU gee ons aandag. Waar's die nie? Hoekom is die nie weggelaat? En juis die feit dat ons nou al heen en weer daaroor debateer onderstreep my punt. As die nie daar was het ons nou al die gedig "klaar" gelees. Die skrywer het dus op 'n skerp manier aandag gevestig op die feit dat Brandewyn die vark is wat die probleem veroorsaak en niks anders.
Ek se weer: "Wel gedaan!"
Ek sal gou op 'n anner plek vir jou die storie vertel van die muisvalletjie wat ek self ontwerp het. :evil6:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #13 on: April 27, 2011, 09:23:47 AM »
Dit is altyd interessant om 'n ander se sienswyse, of standpunt dan,  te hoor. (of lees  :icon_biggrin: )  Wat Natalie wel bereik het met die weglaat van die tweede nie,  is om 'n heerlike bespreking oor haar "nie" wat nie daar is nie, maar die "nie"  wat wel daar hoort,  uit te lok.   :icon_biggrin:

Dan het ons, ek en sy, in haar persoonlike hoedaniheid as syself,  ook 'n indiepte bespreking gehad oor "om te verander of aldan nie te verander nie".  Sy het my wel oortuig daarvan dat haar kennis oor die romanse van motorvoertuie en hul funksies, ver uitstyg bo die van die normale gebruiker.  Sy weet van!  :notworthy:

Ek sou net graag wou weet of sy intussen gedink het oor die "nie" en wat sy op die oueinde besluit het. 



Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Brandewyn het nie brieke
« Reply #14 on: April 27, 2011, 11:14:11 AM »
goeie more aan al die mense

PM - ja ek het so 'n klein gedagtetjie oor die tweede nie laat gaan so net voor KlaasVakie my met sy emmer sand gegooi het ..... nou moet ek weer besin. Ek het toe ek die gedig geskryf het lank rond gespeel met die tweede nie en sonder die tweede nie. En ja die tweede nie bring 'n soort van ritme in maar dit was presies wat ek nie wou daar he, ek wou die ritme ongedaan maak nes die brandewyn lewens ongedaan maak.