• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Down Under 'Mis-kuns'

Started by Meraai vannie Baai, October 21, 2011, 01:44:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Terwyl Outop en kleinkind geslaap het, het ek met die kamera gaan dwaal. Onder die brug het ek in vervoering gestaar na die gevlerkte vrinne se miskunsgalery  :icon_biggrin:

Paar fotos geneem vir verwysing om later mee te speel.



Hier is een van die mistige kunswerke. Geen funksies gebruik - natuurlike skepping en kopiereg aan my gevlerkte vrinne!


Toe het ek 'n klein gedeelte van die foto gebruik en die beeld herhaaldelik gedraai en die weerkaatsing skakel van die program gebruik. Die eindpoging in sepia vertoon nou so: (let spesifiek op na die gesigte in die eindproduk!)

Meraai vannie Baai

In die middelrond is daar ook 'n versteekte uilgesiggie tussen al die 'bollie-strepies'  :toothy4:

Naas

#2
 :sign10: En daarmee het ons woorddief nou amptelik ook die status van "Miskruier" verkry.
My Oupa het altyd gese: "Weerkaats jou in die mis dan spook 'n duisend drogbeelde in jou dagmerries."     :icon_cheers: :hello2: :icon_cheers:
Die mis in die spieël is nie altyd die stort se skuld nie.
Ernstig nou. Ek kan my verlekker in hoe jou kunsinnigheid met alles wat oor jou pad kom toor. In 'n goeie, getroue vriendin se woorde: "Doet so voort!"



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :notworthy: :icon_salut: My nuwe titel hiehiehiehi. Naas jy is my held  :icon_biggrin:

PM

Lekker kuier julle saam terwyl en my alie lê en uitslaap.   :bootyshake:

Pragtig Raaitjie.  Jy is regtig 'n inspirasie, nie net met skryfwerk nie, maar ook met die kuns. 
Ek dink die foto onder die brug kan 'n pragtige kunswerk word.  Kan nie wag dat jy kom wys nie.
Hoop jy het weer tyd om te gaan "dwaal" en nog 'n paar mooi fotos saambring.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ek lief dit. Daar is soveel mooi rondom ons- selfs waar ons dit nie verwag nie.

PM

Nou praat jy waar Fransi.  Raaitjie het my geleer om mooi oplettend te wees en te soek vir daardie mooi wat verskuil lê, self in die poefiestrepe van gevleulde vrinne.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.