• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bakhand

Started by Naas, October 19, 2011, 11:15:09 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Rooi verkeerslig slaan...
Dwing ryding tot 'n stop.

Verflenterde bossiekop bedelaar.
Dertien? Veertien? Dalk vyftien jaar.
Speel 'n jammerlied
op my gevoel se snaar.
Tokkel met sy vyfjaar boetie
as plektrum, oor my hart.
'n Meesterlike uitvoering
van 'n ou treffer.

Skurwe tone skoffel
die simpatie-riel oor die teer.
Bakhand vingers hipnotiseer...
Smeekvra aalmoes offer.

My toereteller slaan die rooi.
My moer se bande rook...
Welsyn, waar's jou werkers?
Regeerder, jou kinders ly.

Die lig spring oor na groen.
Ek spieël hul in die tru...
Kleiner...  Kleiner...  Weg...
Verflenterde bossiekop bedelaar,
met sy broer,
weeg al swaarder
in my kop.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Gekroonde lyne wat smeek vir hardop voorlees aan 'n waarderende gehoor!! Naas elke woord teken 'n blywende prentjie in my geestesoog.  :notworthy:  :book1: :icon_salut:

PM

Dit is 'n treffer Naas.  Pragtig geskryf en my emosiekrane wawyd oopgedraai. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ek is mal oor die woorde wat jy so bymekaar sit en die wat jy weglaat, praat pragtig saam. Welgedaan Ek hou hiervan!
:angel12:

PM

Jy is reg Trappies, dit is uitstekend gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

elle

PM

Ek het gou weer kom bakhand staan vir 'n mooi gediggie soos Bakhand. 

Vir die eerste keer in 'n lang tyd het ons gisteraand laat van 'n skoolfunksie af terug gekeer en ek was verbaas oor die aantal mense wat die stratevol staan en bedel, daardie tyd van die aand. 
Hannes sê dit lyk asof hulle "skofte werk" op die hoeke van die strate.  (Of die son is te warm in die dag.) Hulle is ook roekeloos, want as jy sien is hy/sy in jou kollig en jy moet rem. 
Dit raak regtig 'n ernstige situasie en ek glo nie dit doen ons regering 'n groot eer aan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek lees weer deur Oom Naas se werkies en sien die een.
Dis altyd vir my so hartseer as daar kindertjies betrokke is by die bedelry. Maar ek verstaan as Oupa my keer wanneer ek wil geldjie gee.
Oupa se: "Geld in 'n bedelhand is die naald en gare waarmee jy verderf aan sy gat vaswerk"



:mumum:

Meraai vannie Baai

Oupa se: "Geld in 'n bedelhand is die naald en gare waarmee jy verderf aan sy gat vaswerk"  :book1: :notworthy: :icon_salut: