• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe lank nog

Started by Gawelina, October 16, 2011, 10:15:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gawelina

Hoe lank nog
gaan ek woordloos
oor onvervuldheid kla,
gaan ek sonder 'n enkele geluid
skreeu teen die donders van 'n leë hart
hoe lank nog gaan hierdie hel in my binneste
my brand en brand en brand, tot ek
uitgeput op die grond bly lê
hopie mens, hopie niks
hopie uitgebrande,
nuttelose as?

hoe lank nog
voordat my dwase hart
eens en vir altyd sal kan glo
dat selfs die nuttelose kom tot nut
as 'n omgee oog sy visier op hom het?
as hy uit gebrande as 'n steenkoolstukkie neem
en daarmee 'n nuwe houtskoolskets
op spierwit doek begin –
skoenlapper uit as
nuut en nuttig
totaal uniek

PM

Pragtig geskryf Gawelientjie.  Ek hou van die positiewe wending van die gedig. 
"houtskoolskets op spierwit doek begin..."
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

O jitte.. dis pragtig.
Daar is baie werk hierin gesit en die resultaat is uitstekend.
Jy is 'n vrou van vele talente.
elle

Naas

Steenkoolsketsies op 'n lewensblaaidjie. Prastag geskryf...

(Prastag - Passend mooi)







:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.