Author Topic: Die Dood van Seli1  (Read 7217 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die Dood van Seli1
« on: October 16, 2011, 02:54:30 PM »

Ek het jou hulproep gehoor daardie nag
- en nog vir maande daarna -
die nag toe die storm jou oplig uit jou baan
en so wreed kom neergooi op die bank
jy het gesidder van vrees en pyn
- ek het jou trane gesien -
jy is alleen agter gelaat in die vreemde baai
aan die voet van die Kaapse Berg

Ek het geskok gekyk, gesien en gewens
ek kon my arm uitstrek tot daar by jou,
jou terugstoot tot in kalmer waters tot daar
waar jy weer veilig sou wees teen
die aanslae wat jou liggaam so verwoes
jou bloed is gestort, jou ingewande verwyder
in 'n poging om jou te red
jy het saam geveg, wou nie opgee
maar was vasgeval, gedoem vir die dood

Jou eens trotse gestalte lê bruin verroes
verslaan, gestroop van jou vrag,
'n karkas geskeur, verinneweer in die son
waaraan nou nog net die aasvoëls vreet
pik aan die laaste bietjies van jou ribbe
wildehonde is besig om jou bene weg te dra
stuk vir stuk lê jy verstrooid
hier in die vreemde land

Ek huil oor jou, Seli, ek sou jou in die baai wou hou
hier waar jy saam gespeel het met branderryers en baaiers
jou wrakkeliggaam sleur-sleur nog op die strome
en eersdaags sal die klokke ook vir jou begrafnis lui,
maar jou gees sal bly sweef, Seli,
oor die waters van Tafelbaai

++++
 
Begin Oktober het Seli1 in twee geskeur in nog ‘n woeste Kaapse storm en van die olie wat nog in haar romp was, het begin lek.  ‘n Kilometer strand vanaf Milnerton lagoon tot by Big Bay was met olie besmeer, maar is gou skoon gemaak.  Die omgewing rondom Robben Eiland tot by die Koeberg Kragsentrale is met valk oë dop gehou.  Die Kaapse omgewing is ‘n belangrike broeiplek vir die Kaapse pikkewyn, kormorante en ander voeëls.  Gelukkig is geen olie besmeerde voeëls aangemeld by SANCCOB nie.  Seli1 is op haar laaste.  Dit het miljoene rand gekos om haar tonne vrag van steenkool en olie te verwyder en sy is aan haar lot oorgelaat. Met die laaste skeur is bespiegel dat wrakstukke nie net die kus sal besoedel en ‘n gevaar vir die publiek sal wees nie, maar ook vir skepe wat na die hawe oppad is.  Ons wag maar nog om te sien wat verder gaan gebeur.  Fondse bly ‘n groot kopseer.



elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #1 on: October 16, 2011, 07:55:29 PM »
aikona...die skêp hy es nie banja clevva nie
hy, hy es seli
wena lo spreng bo op by die sandbank op
nou hy es stekkend
nou hy es dod

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #2 on: October 16, 2011, 10:45:50 PM »
O grote Griet Louis, jy laat my sommer hard lag na 'n baie hartseer storie.   :icon_biggrin:

Dankie vir 'n mooi gedig Elle.  Jy het jou goed van jou taak gekwyt.
Ons het daar op die 5de vloer gebly toe Seli "hy het hom gaspreng by die sandbank"  :icon_biggrin:  Daar was baie opwinding vir dae daarna.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #3 on: October 17, 2011, 06:24:46 AM »
Goeie more julle.
Dankie vir julle tyd.
Seli, sy't nie ga-spreng, sy's ga-push.
Ek onthou toe julle op die 5e vloer gebly het, PM - ons het nog kom kuier daar.
Ek was in ekstase oor die uitsig en om die lady in die vlak watertjies te sien.
Julle wil nie dalk weer 'n jaar hier aan die Weskus kom bly nie?

Jy is 'n regte nar, Louis.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #4 on: October 17, 2011, 06:43:41 AM »
"Julle wil nie dalk weer 'n jaar hier aan die Weskus kom bly nie?"
Sukkel ek ok mos. Elke keer as ek sien dat die 'sele-maar net daar' agteruitgaan dan kuier ek weer op die vyfde vloer. Ongelukkig sorg alzies-light dat die herinneringe ook bietjie roes soos die
'sele-maar net daar'.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #5 on: October 17, 2011, 08:03:07 AM »
Dit was "wonderlik" daar in die Kaap.  Ek en die wind het gereeld met mekaar gestoei.  Dae se nat en mistroostige weer het my soms net so mistroostig gehad.  Dan het ek my verwonder aan die see se eendag-kalmte en die volgende-dag-woede.  Duisende foto's van sonsopkoms en sonsondergange, volmaanblinkstrepe  en miljuisende sterretjies in die water, het hul plek in my fotogalery verower.
Die juwele in my kroon, is die pragtige vriende wat ons gemaak het. 
Goeie nuus.  Binnekort gaan Hannes met pensioen.  Ons gaan 'n karafaan koop en die Weskus gaan ons nog kom soebat om asseblieftog nou huis toe te gaan!   :icon_biggrin:

Jy is reg Elle, sy was "gepush".  *lag*
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #6 on: October 17, 2011, 10:37:30 AM »
daai noord-weste wind het al baie 'sheeps' al teen die wal vasge'push'

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #7 on: October 17, 2011, 01:48:31 PM »
Ja, dit lyk nie vir my daar is 'n groot verskil tussen "sheeps" en sheeps nie.   :icon_biggrin:
As ek my nie vergis nie het nog 'n "sheep" in Jacobsdal beland, in om en by dieselfde tyd as Seli.

Net voor Seli het ons een aand gesien hoe 'n ander een net-net die strand vrygespring het.  Gelyk of die "skipper" nie so 'n groot "sheep" was nie.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #8 on: October 17, 2011, 07:07:37 PM »
Louis sal julle kan vertyel van die ... watse ding Louis?  Daai groot vraghouers.
Dit is later Jacobsdal se flats genoem.
As jy die dorp nader, het hierdie helse 'woonstelblok' van agter die duine verrys.
Woeste tyd gewees vir skippe in aantog in die Kaap van Storms.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #9 on: October 17, 2011, 07:27:01 PM »
die  'barge' (trekskuit) Margaret het in gure weer losgebreek van die sleepboot en het toe op die rotse geloop op jacobsbaai(nie jacobsdal nie)
die ding is ses verdiepings hoog en het wragtig soos n blok woonstelle gelyk as jy nie die onderste gedeelte gesien het nie wat op die rotse gele het nie

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #10 on: October 17, 2011, 07:36:59 PM »
Oh my word.... Jacobsdal.
Dankie jy, vir die vertel en die reghelp.
Amper soos Ventersburg, Ventersdorp, Ventersdal, Ventersfontein, Ventershoop...
Wat is oor van die barge?
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #11 on: October 17, 2011, 07:54:19 PM »
die boonste klomp verdiepings is losgesny en is verdieping vir verdieping met sleepbote afgetrek om die vrag te probeer red
die onderste gedeelte is deur middel van plofstowwe uitmekaar geskiet sodat dit in die brander-aksie moet opbreek en woonplek word vir lekker vet krewe en perlemoene

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #12 on: October 17, 2011, 09:46:51 PM »
Amper soos Ventersburg,
en buite Ventersburg is Venterskraal, Venters....ens
al die plase wat die oorsprong was.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Dood van Seli1
« Reply #13 on: October 18, 2011, 06:57:12 AM »
Ja, dankie vir die reghelp Louis.   :icon_biggrin:

Y het foto's van die "flats" op die ander forum geplaas en ons het Jacobsbaai  toe gery om te gaan kyk.  Hannes het nogal gesê dit sal 'n uitmuntende restaurant uitmaak. 

Al die name is nogal werwarrend. 

Om te weet is om te verstaan.