• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

rammetjie uitnek

Started by Lox, October 13, 2011, 03:44:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Lox

http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Knorrige-takbok-verskrik-besoekers-aan-park-20111012

Londen – Die afgelope week het 'n takbok wat buitengewoon kort van draad is, besoekers aan Bushy-park in Engeland omtrent op hul hoede.

Een besoeker se rustige piekniek in dié park, wat sowat 21 km suidwes van sentraal-Londen geleë is, is versteur toe die dier hom moedswilliglik omgestamp het.

Hy het darem nie té ernstig seergekry nie, maar was vol bloed toe hy opstaan.

In 'n ander voorval het 'n vroulike besoeker nie geweet wat om te doen toe dié bronstige mannetjie haar deur die bosse begin jaag nie.

Waar inwoners van die woonbuurt rondom Bushy Park nooit twee keer gedink het om dié boomryke area te besoek nie, is hulle die afgelope ruk effens senuweeagtig.

"Ek besoek die park al die afgelope twintig jaar en dit is die eerste keer dat ek van so baie voorvalle in 'n relatiewe kort tydperk te hore kom," het Robert Piper, 'n fotograaf wat al verskeie foto's van die takbok geneem het, gesê.

Daar is sowat 320 takbokke in Bushy-park.

Die diere is gewoonlik baie rustig, behalwe as dit paartyd is en die mannetjies effens meer aggressief raak.

"Daar is elke jaar 'n voorval of twee, maar dié jaar was daar besonder baie," het 'n besoeker aan die park gesê.

"Dit kan moontlik wees omdat daar vanjaar 'n tekort aan wyfie-takbokke is," het hy bygevoeg.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ja nee, ek sou ook maar hol, weet nie hoe sal 'n mens nou 'n takbok in die stad grootmaak nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Praat nie eers daarvan as jy op die tiendevloer bly nie! 
Om te weet is om te verstaan.