• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Splinters Tyd

Started by Angelica, October 08, 2011, 07:35:01 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Splinters Tyd

vroegoggend het die son my agter jou rug kom kry
knus
vel teen vel
die duiwe in die wildevy
het skemer nog al ons song gesing
asof hulle weet, tyd saam is min
jy was moeg na die lang rit
en min slaap
jou bene het bly ruk-ruk
nogtans het jy liggies gesnork
ek het soentjies op jou rug geplant  
en gewonder of jy daarvan weet...
oor eiers en koffie het ek gewonder
wat sal van my hart word
as die hek oor die pad na die suide
skielik sluit
later het ek weereens saggies gekreun
onder jou gewig
en jou liefde het jy in my beker geskink
tot oorloop

later by die hek, toe jy moes gaan
het ek my vingers toegevou
oor die warm son
en jou asem
in die palm van my hand





elle

PM

Hoendervleis mooi EllĂ©!  Keurig geskryf!  Ek wag vir nog, dit is werklik mooi.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

PM

Oeps, amper gee ek jou mooi gedig vir AdelĂ©!  Gelukkig het sy my gou laat weet dat dit nie hare is nie. 
Weereens, 'n prag gedig vriendin.  Reg vir boek 2!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

het ek my vingers toegevou
oor die warm son

treffend!

jou gedigte het 'n manier om mens in te sluk en daar te wil hou - pragtig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Weereens dankie dat julle hierdie gedig, of dan, hierdie splintertjie tyd, gaan uitkrap het.
Dit le my ook na aan die hart.
Ek sal dit beslis gebruik, PM, wil net weer daaraan skaaf (miskien).
Dankie Willa, ook vir jou.
elle

PM

#6
en jou asem
in die palm van my hand     :icon_salut:

Ek het al gewonder of daar 'n regte tyd is om goed te plaas.  Soms plaas 'n ou iets en dit gaan ongesiens verby.  Soms lyk dit net so, want ek sien hierdie is al 128 keer gelees!

Dink jy nie dit sal makliker lees as jy "het, skemer nogal," so te skryf nie?
Dalk net "nogal" een woord te maak.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeeeee dit is DIE mooiste voorbeeld vir 'n kaalvoetgedig hierdie!!!

Angelica

Kaalvoet gedig?  Nou toe nou, kyk waar bevind ek my!!!
Dankie Meraai.
Meraai, help gou hier, asb.

PM, ek dink ek moet die sinnetjie (?) verander ?
Die klem moet op die 'al' val - al ons songs - almal ons songs.
Dit is hierdie goedjies wat ek oorgekyk het.  Dit moet verander voor dit Boek2 toe gaan.
Ek sal daarna kyk.
elle

PM

Dan moet dit net "songs" wees?
As jy klaar geskaaf en geskuur het sal ons weer kyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Plaas dit met die klem op die 'al' ons songs soos jy voel - ek verstaan wat jy wil skryf en dit sal werk dink ek Angelica. Hulle het dus al julle geliefde liedjies gespeel  :notworthy:

Fransi

Werklik besonders geskryf.

Angelica

Dankie julle, vir lees, kommentaar, hulp.

elle

Meraai vannie Baai

Dankie dierbare gas - ek het weer kom verslind met die oge. Elke woord van kies tot kies gerol  :love7: :notworthy:

Ans Botha

Sjoe, dit is 'n mooi gedig laat 'n mens koue rillings kry tot in jou kleintoontjie van pure plesier.