Author Topic: Ons gaan weg wees vir 2 weke  (Read 7407 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Ons gaan weg wees vir 2 weke
« on: October 07, 2011, 12:55:13 PM »
Net gou lyntjie kom los om te se ons jongste seun en sy vroutjie verwag hulle tweede baba nou enige tyd en seun het so pas gebel en gese hy dink ons moet maar wieletjieshuis hak en Goue Kus toe kom  :love7: Vir die volgende twee weke gaan ons nie hier wees nie en ook nie internet beskikbaar he nie. Gaan julle mis maters.  :hello:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #1 on: October 07, 2011, 01:37:47 PM »
Mis jou klaar. Voorspoed met bevalling. Geniet nuwe lyfie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #2 on: October 09, 2011, 08:53:50 AM »
Voorspoed Raaitjie, ons glo alles sal goed verloop.  Baie geluk met die nuwelingetjie.  Ons wens die tyd sal gou verby gaan, om jou spoedig weer hier in ons midde te hê.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #3 on: October 09, 2011, 03:19:59 PM »
 :hello:

Geniet dit en mag alles goed verloop.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #4 on: October 10, 2011, 08:17:53 AM »
Julle het my vergeet!  :crybaby2:

 :icon_biggrin: Geniet die (vakansie) kuiertjie.

Goue kus klink so mooi.

 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #5 on: October 20, 2011, 03:27:20 AM »
Vals alarm  :color: maar die week was 'n goue familie fees  :love7: Meisiekindjie gaan dv more (Vrydagoggend ons tyd) 'n sekere prosedure ontvang wat blykbaar ons klein prinsessie se koms gaan verseker binne 48 uurtjies! Huis op wieletjies vir eers by kind & kie gelos. So as die foon lui pak ons daai Jepie en vat weer die gangeroe paaie kus toe! Trappies onse PM het al die mooie mooie goue kus gesien - sy sal kan getuig dis regtig egtig vrrrrreeslik mooi!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #6 on: October 20, 2011, 07:53:35 AM »
Raaitjie, ek hoop nie jy bly weer drie maande weg nie, maar ons glo alles sal goed verloop.  Is dit julle eerste pienk pienkvoetjie?  (Ek lag nog vir myself toe ek aangeneem het dat 'n pienkvoetjie 'n dogtertjie is.)

Ons het saamgestem dat die Goue Kus soos Durban gelyk het, in die dae toe sy nog jonk en beeldskoon was.  Die water is mooi blou en die strande netjies en skoon.  Dit is ook daar waar ons die pragtige voëllewe aanskou het.
Dit was 'n fees.


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #7 on: October 21, 2011, 01:44:04 AM »
En toe lui die foon so paar minute gelede. Lyk of die eerste prinsessie vir die Lockies nou regtig vandag op die verwagte datumpie haar opwagting gaan maak. Kinders sit en tel die minute tussen die sametrekkings. Die oomblik as hulle hospitaal toe ry sal ouma vir oupa laat weet om huistoe te kom en dan paar goedjies in die mouster te gooi vir die volgende week se kuiertjie. Gelukkig plek gekry in 'n karavaanpark naby die kinders sodat ons kleinman die sussietjie kan leer ken so tussen die kuiertjies met oupa en ouma saam.

Gaan julle mis ouens!! Hou die blinkkant bo en geniet die lewe. Dit is kosbaar  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #8 on: October 21, 2011, 06:31:25 AM »
Mooi ry, geniet die tydjie saam en kom veilig terug.  Ons sal jou mis.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #9 on: October 24, 2011, 07:43:10 PM »
ek was ook weg vir 'n rukkie... nerens gegaan nie, maar eksamens en werk en al die dinge gaan hier aan
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #10 on: October 25, 2011, 04:35:14 AM »
Ek het gereken dat dit eksamentyd is en dat jy besig is.  Bly jy is nou weer terug. :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #11 on: October 25, 2011, 03:24:34 PM »
Baie dankie hehe ja wat... eksamens maak eers die eerste desember klaar... weet nie hoe ek gaan uithou tot dan toe nie ek is al gatvol geleer!! en ek het my beina dood geleer vir gister se vraestel en wat gebeur toe: die vraestel rape my sideways.  Het gevoel of ek in die verkeerde eksamen lokaal sit en die verkeerde vraestel gekry het.  ai. en toe is ek moedeloos en spandeer nie te veel tyd gister aan leer nie en vandag se vraestel het ek gevoel kon nie regtig beter gegaan het nie. 
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #12 on: October 25, 2011, 03:29:26 PM »
Ja, soms gaan dit goed en soms gaan dit minder goed. Voorspoed vir jou en al die ander wat eksamen skryf, ek dink aan julle en hou al my duime en groottone vas.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #13 on: October 25, 2011, 09:13:53 PM »
Baie dankie PM  :icon_biggrin:

ekke het more af woohoo, so ek het nou bietjie wyn gedrink, yay!!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons gaan weg wees vir 2 weke
« Reply #14 on: November 04, 2011, 02:07:59 AM »
Ekke sluip gou weer hier in. Ons gaan vir die naweek wegloop. So ruskansie inkry voor ons van volgende Woensdag tot Sondag toe, na jongste se tweetjies en oudste se twee kabouters gaan omsien terwyl die mammas en pappas noodgedwone takies gaan uitvoer elders. Ouma en oupa gaan dus gou die naweek hulle siele se petroltenkies opvul vir die taak van vier ekstra sieletjies se versorging op hande :icon_bigsmurf: Hoe geseend is ons nie  :love7: