• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Snoep

Started by PM, October 04, 2011, 03:14:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

"Greedy."  Wat is die Afrikaanse woord vir "greedy" vra jongste vir my.

Gulsig
Gierig
Snoep
Vraatsig?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Jy antwoord jouself...
Almal soos genoem behalwe snoep. Snoep se oorspronklike betekenis is net mooi die teenoorgestelde.
As ouma snoep was met haar lekkers beteken dit sy het maar min op 'n slag gegee. (suinig)







:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Goed, ek sien in wat jy sê, maar was sy nie "greedy" nie?  Wou sy nie die res vir haarself hou nie?  :sign10:
Toemaar, ek terg maar net 'n bietjie.  Snoep is so 'n mooi Afrikaanse woord en ek wed jou, daar is nie 'n gelyke in 'n ander taal nie.  Wil jy wed?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Snoep :nono:  Ouma se hand het weer klem in die kaak gehad!

Naas

Pragbeskrywing Ta Raatjie.

Daai anner ou, hulle roep hom Jonas. hy gaan vir die eerstehulp kursus oppie plaas.
Die man wil by hom weet of hy weet wat klem innie kaak is.
"Ja" seg die ou "Nou die anner dag daai lou in kamp dertien hy bekruip vir Jonas. Hy storm vir Jonas. Jonas hy skrok baaaie groot. Hy harlop for die boom en hy klem innie kaak en hy klem innie kaak."



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Baie dubbelsinnig.  Was dit hy of die lou wat nie snoep was nie?
Om te weet is om te verstaan.