• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)

Started by Meraai vannie Baai, October 04, 2011, 03:43:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

wow dis mooi
ek sien net nie die oorblyfsels van die klavier nie
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Naas

Wat was die kamerase sluiterspoed?    :headbang:  Jy moet dalk 'n driepoot oorweeg, die boor werk nie so goed nie.   :angel4:

Ek grap sommer Ta Raaitjie. Dit is voorwaar 'n lekker funksie en puik resultate.
Jy moet miskien probeer om outop se stoeltjie ook net so liggies te draai dat daar beweging is maar die oorspronklike nog herkenbaar is. Dit kan ook 'n prageffek afgee, veral met die klawers wat begin trek. (Ek wonder maar net uit 'n kunsoogpunt. Ek gaan beslis ook bietjie met die program begin speel. Jy het egter die voordeel dat julle ook goeie fotos neem wat 'n goeie fondasie maak vir die eindprodukte.)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie vir die kreatiewe raad Naas! Gaan beslis probeer. Vanoggend vir Lox gese ons wil van die 'digitale skeppings' op canvas laat druk.Kan nie wag om te sien waarmee jy vorendag gaan kom mater. Om te dink dat soveel plesier gratis is  :love7:

Meraai vannie Baai

#18
Dit was die minste wat ek die foto van Outoppie en die klawers kon 'swirl'. Gaan beslis nog met die kamera speel en kyk wat kom uit as mens meer gesentreerd afneem (soos wat jy genoem het Naas, hande en pote) hiehiehiehieh  :love7:

Die ene sal ek maar "Klaweroog vir Naas" noem  :toothy4:


PM

Dit lyk na heerlike pret en ek sou ook graag wou speel daarmee.  Die voordeel wat ek het, is as ek hier aankom om te leer, dan het julle al soveel kennis dat ek net kan kom klop.
Baie dankie vir die mooi onderwerp en pragtige, pragtige foto's. 

Hierdie metode gaan beslis sorg vir uitmuntende kunswerk.  Met julle kreatiewe grysstof... hmmm, ek wag in spanning.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis Freeking briljant. Ek is mal oor die hande en voete en die Tjunamiegolfklawers. Pragtig.
Dankie Ta Raaitjie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi

 :hello:

Ek gaan beslis vir my man kom wys. Dit lyk na lekker speel en makliker as die programme wat ons het- miskien kan ek dan ook meer sukses ervaar met my pogings. ;-)

Meraai vannie Baai

So bly julle geniet dit ook! Dankie vir die pragtige komplimente ouens! Fransi ek glo jy gaan 'n fees he met die program mater  :love7:

Chichi

*The one and only AWESOME-EST


PM

Julle moet vir ons kom wys wat julle doen asseblief.  Ek is baie nuuskierig. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ons het 'n nuwe maatjie wat sê sy sukkel om Photoscape afgelaai te kry.  Kan julle asseblief kom help?
Om te weet is om te verstaan.

PM

Om te weet is om te verstaan.