Dit is jammer Edelsteentjie.
Hier is 'n briefie van Sharon, ek glo sy sal nie omgee dat ek dit met julle deel nie:
Baie dankie vir die gelukwensinge. Ek waardeer dit regtig baie.
Ek het 3 gedigte ingeskryf vir die Woes kompetisie: Heuning van die Maan, Donkiekar en Windpompswaai. Dit is nog op die Woes webwerf. Ek was slegs 'n finalis in die afdeling gedigte. Soos julle weet, het Coen dit gewen.
Sover ek kon agterkom van die aand se verrigtinge, was die redakteurs en redaktrises van De Kat, Rapport, Lapa en ATKV, die beoordeelaars.
Daar is nie tyd gemaak om stukkies van die werke by die geleentheid voor te lees nie, wat jammer is, want mens sou graag dit wou hoor.
Ek is besig met my eerste digbundel "Plek van my Hart" en Irene van Vuuren doen die redigering vir my. Dit sal seker eers na Augustus die lig sien, omdat my lewe maar gekompliseerd is op die oomblik. As enige een belangstel, laat my gerus weet dan kan ek solank besluit hoeveel boeke om te druk angel8.
Baie dankie vir julle belangstelling.
Groetnis
Sharon
Sharon, ek sou graag wou weet hoeveel kos die bundel. Hou dan hierdie spasie dop vir ouens wat belangstel.