• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vier woord uitdaging

Started by Jeannedarc, May 07, 2011, 08:27:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

In my PEN
Se bolrondboepensmaag
Kabbel daar 'n woordfontein

Dwalend, soekend, EK
'n dorstig HERT
Dwalend in die woordwoestyn

As my pen se tuitjie buig
Dan spoel sy woordjie fontein
En loop sy BEKER strakkies oor

Klou ek , dorstig DRENKELING
Teug ek lank en innig
Aan kabbelende woordestrome oor bekerrand

Naas

Verlossing

Hamer, draad en pen
buig ek 'n kamp te maak.
'n Kamp van doringdraad.

Al my wilde hert
wil ek in daardie kamp.
'n Kamp om mak te maak.

Dan wil ek met 'n beker
agteroor op die stoep gaan sit.
'n Beker gevul met verlossing.

Soos 'n drenkeling
verlos uit onstuimig water.
Verlos van al my wilde hert.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM



die skerp pen tref hom deur die long
  vir my 'n bitter beker om te sluk
          so sterf die jong hert
       'n drenkeling in eie bloed
Om te weet is om te verstaan.