Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Jeannedarc on May 07, 2011, 07:27:01 AM

Title: Vier woord uitdaging
Post by: Jeannedarc on May 07, 2011, 07:27:01 AM
In my PEN
Se bolrondboepensmaag
Kabbel daar ‘n woordfontein

Dwalend, soekend, EK
‘n dorstig HERT
Dwalend in die woordwoestyn

As my pen se tuitjie buig
Dan spoel sy woordjie fontein
En loop sy BEKER strakkies oor

Klou ek , dorstig DRENKELING
Teug ek lank en innig
Aan kabbelende woordestrome oor bekerrand
Title: Re: Vier woord uitdaging
Post by: Naas on May 07, 2011, 09:05:08 AM
Verlossing

Hamer, draad en pen
buig ek ‘n kamp te maak.
‘n Kamp van doringdraad.

Al my wilde hert
wil ek in daardie kamp.
‘n Kamp om mak te maak.

Dan wil ek met ‘n beker
agteroor op die stoep gaan sit.
‘n Beker gevul met verlossing.

Soos ‘n drenkeling
verlos uit onstuimig water.
Verlos van al my wilde hert.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vier woord uitdaging
Post by: PM on May 07, 2011, 12:48:58 PM


die skerp pen tref hom deur die long
  vir my 'n bitter beker om te sluk
          so sterf die jong hert
       'n drenkeling in eie bloed