• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?

Started by Trapsoetjie, February 08, 2012, 03:08:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Geeft wat gij heeft, ist waardig dat gij leeft.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek koop vliegkaartjies vir al my kinders.  Agt van hulle en my twee vriende, Marie en Dries.  Hulle kan dan by ons kom kuier hier op die "plaas".  Raaitjie en Outop kan halfpad opklim en saamkom!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

As almal hier is koop ons 'n bus en toer van plek tot plek en laai al ons matertjies op.  Man, sal dit nie 'n fees wees nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

PM, daardie vliegkaartjie idee van jou klink briljant.  Maar vandag is pappa by my in die dogbox.  Ek reken vandag koop ek graag vir hom 'n enkelvlug kaartjie weg van die huis.  Hie hie   :confused1:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Ag nee!  Wat het hy  NOU  weer aangevang? 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Van 2012 het my drome baie verander.

2012 Het ek nog gewerk en dan pas mens aan met wat jy kry.

2018 Werk ek maar vir myself en vir my beterhelfde. So nou pas ek aan met wat ek het.

Ek wil nog toer. Net genoeg he om die wereld te gaan beloer.
Ons kyk nou elke episode van Border Patrol. Vir die wat dit nie ken nie is die Australia's border. Dis ongelooflik hoe streng hulle is.  Dis 'n goeie ding, maar soms wonder ek of dit nie ook 'n mag ding is vir party mense is. Maar nou dwaal ek weer af.

Aftree by 'n stil dorpie. Naby die berge en die see. Beste van altwee werelde.  :dontknow:

:angel12:

PM

'n Mens se behoeftes verander gereeld en ons is baie aanpasbaar, al is dit dikwels omdat ons nie 'n ander keuse het nie.  Tog oorleef ons die aanslae nê!   :pottytrain2:    :angel4:
Om te weet is om te verstaan.