AT, Natalie is ons prokureur.
As iemand jou werk by jou gekoop het en daarvoor betaal het, dan is dit sy wettige eiendom. Woes, en die Die Afrikaanse Forum, stel dit uitdruklik dat almal hul kopiereg behou.
Toe ek die Afrikaanse leesprogram ontwikkel het, is daar skrywers wat my gehelp het met hier en daar 'n storie. Hulle is betaal vir hulle werk en het 'n dokument onderteken dat hulle kopiereg afstaan, nog, ek sal nie daardie mense se werk gebruik sonder om net weer toestemming te vra nie en ek belowe jou, as ek geld maak in die proses sal ek hul deel uitbetaal.
Soos ek verstaan het Woes gesê dat hierdie afgelope kompetisie se werk wat gepubliseer word, nie meer die skrywer daarvan se eiendom sal wees nie. Dus, die wenners is hul werk kwyt as dit gepubliseer word en as hulle 'n dokument onderteken het dat hulle kopiereg oordra. Sonder dit, dink ek nie iemand staan 'n kans om jou werk te gebruik nie. Ek praat onder korreksie, maar ek glo nie een van die Woesters se werk het gewen nie. Ek het verlede week op al die wenners se profielblaaie probeer ingaan en daar is nie een aktiewe lid nie.
Lox, niemand kan aanspraak maak op jou werk nie. Dit is joune en ek voel steeds, hoe meer plekke 'n mens dit plaas hoe meer blootstelling kry jy.
AT, 'n tydskrif koop jou werk by jou en dan teken jy ook 'n dokument dat jy kopiereg afstaan. Tensy jy dit gratis gee en jou kopiereg behou.
Ons prokureur kan nou kom lees en sê waar ek die bal mis slaan.