hier is nog paar fotos wat ek afgeneem het
rooiaas


rooi spons

ek sien omtrent elke keer nog iets nuut wat ek nog nie van tevore gesien het nie
dit was my scuba duik nr 104 (ek het seker het 250 snorkel duike) en vir die eerste keer sien ek hierdie kleur anemoon


met mens se verjaardag moet jy darem ook 'n spesiale bottel vonkel oopmaak

so lyk die goed waaroor daar so gestoei word: perlemoen

seepampoentjies
toe ek so 20 jaar gelede op hangklip geduik het was daar duisende van die seepampoentjies en geen kreef.
so teen 1990 se koers het die kreef begin intrek en die seepampoentjies begin opvreet.
die seepampoentjies bied skuiling vir die baie jong perlemoen. hulle skuil onder dit vir beskerming teen visse wat van die rotse af vreet.
behalwe vir die skade wat die stropers aan die perlemoen bron daar aanrig sien ons ook nie meer klein perlemoen nie agv onder andere dat die seepampoentjies uitgeroei is.


peet in sy element
hy was sjef van beroep
