Daar kry ek toe 'n bed by OLX en ek betaal 'n hele R5000 saam met aflewering by die huis.
Daar was ses opsies, maar niemand het my terug gebel nie behalwe hierdie een ou.
My skoonsuster is mos "hoog op in die medies" maar het ook maar onder begin. Sy kom kyk toe en wil haar dood lag. Net so 40 jaar oud, sê sy, dit is nog die model waarop sy geleer het.
Dit kort net 'n diens, die olie jy sien? en dan 'n nuwe matras dan is ons gestel.
Sy het sommer gou gereel vir 'n matras en die ou wat dit bring sal sommer die diens ook doen.
Daar kry ons toe sommer 'n eerstehandse les in hoe om al die funksies toe te pas.
Sy help toe vir ons om die hele oefening van in en uit die bed te kom, toe te pas en sal elke dag kom kyk of ons regkom.
Ek tel elke dag my seeninge om sulke wonderlike mense in my lewe te hê.