• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil vry

Started by Assie, October 13, 2021, 06:47:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Ek wil vry

Ek wil vry
wees sonder bande.
Ek wil vry
van aardse kettings sweef.
Ek wil vry
deur die branders baljaar.
Ek wil vry
my lewe lei.

Maar as ek vry
my lewe lei
en deur die branders baljaar
gryp aardse kettings my
en band my vas
in my self.

In myself
Is ek vry.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ek lees en lees en buig laaaaaaaag. Lig my hoed!

:notworthy: :love7: :hello2:

Assie

Ek dink baie gaste lees die tietel verkeerd en verwag iets anders...  :snorting:  :headbang:  :color:

:mumum:

Antjie Patat

Dit mag wees, en as hulle dan lees, kom die verryklike woorde en balsem hulle hart en omsingel hulle siel, en maak hulle vry om lees en weer te lees... lieflik lief dit

Assie

Dankie Ta Antjie en Ta Raaitjie. Ek moet uithaal en wys. Kan nie dat Oom Naas my troef nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Antjie Patat, jou woorde is altyd deur 'n welkome briesie in my dag  :love7:

Naas

  :coffee2:
Assie ek weet gelukkig jy is baie allergies vir daai vry gedoente waarvan hulle jou verdink.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek weet darem nie.  Wat beteken ek wil vry ek wil vry as sy nie wil vry nie!
Om te weet is om te verstaan.