Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Aspoestertjie se plek => Topic started by: Assie on October 13, 2021, 05:47:16 AM

Title: Ek wil vry
Post by: Assie on October 13, 2021, 05:47:16 AM
Ek wil vry

Ek wil vry
wees sonder bande.
Ek wil vry
van aardse kettings sweef.
Ek wil vry
deur die branders baljaar.
Ek wil vry
my lewe lei.

Maar as ek vry
my lewe lei
en deur die branders baljaar
gryp aardse kettings my
en band my vas
in my self.

In myself
Is ek vry.

 :mumum:
Title: Re: Ek wil vry
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2021, 07:55:33 AM
Ek lees en lees en buig laaaaaaaag. Lig my hoed!

 :notworthy: :love7: :hello2:
Title: Re: Ek wil vry
Post by: Assie on October 13, 2021, 12:24:59 PM
Ek dink baie gaste lees die tietel verkeerd en verwag iets anders...  :snorting:  :headbang:  :color:

 :mumum:
Title: Re: Ek wil vry
Post by: Antjie Patat on October 13, 2021, 04:07:23 PM
Dit mag wees, en as hulle dan lees, kom die verryklike woorde en balsem hulle hart en omsingel hulle siel, en maak hulle vry om lees en weer te lees... lieflik lief dit
Title: Re: Ek wil vry
Post by: Assie on October 13, 2021, 04:49:28 PM
Dankie Ta Antjie en Ta Raaitjie. Ek moet uithaal en wys. Kan nie dat Oom Naas my troef nie.

 :mumum:
Title: Re: Ek wil vry
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2021, 11:03:22 PM
Antjie Patat, jou woorde is altyd deur 'n welkome briesie in my dag  :love7:
Title: Re: Ek wil vry
Post by: Naas on October 14, 2021, 06:22:01 AM
  :coffee2:
Assie ek weet gelukkig jy is baie allergies vir daai vry gedoente waarvan hulle jou verdink.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek wil vry
Post by: PM on November 01, 2021, 03:54:59 PM
Ek weet darem nie.  Wat beteken ek wil vry ek wil vry as sy nie wil vry nie!