• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hierdie onderstebo tyd

Started by adele, August 20, 2021, 01:05:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Hierdie wêreld is onderstebo

Ons mooi land aan't flarde,
verstrengeld hang die rafels
aan ses doringdrade.
Waar aasvoëls in die lug draai,
het hiënas klaar gevreet.
Wat bly daar vir hulle oor?

Die breë pad, vol gate en gevaar,
gebou op hierdie aarde;
stofsand, hartseer en trane
met bedrog en haatspeserye
tot 'n soort sement gemeng.

Verkrummeld lê gister se stories.
Onseker lok môre se toekoms
anderkant die verste horison. 

Maar op die rooi tapyt van vrede
wat vir ons geloofskinders
se smal paadjie uitgerol is,
is geen verbrokkeling van waardes nie.
Dié pad is gebou in gees en waarheid.

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Ek het soveel misgeloop.  Gelukkig is die forum standvastig en onveranderd.  Dankie tog, hier vang ek nou op.  Lief vir jou Adele. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie weereens lief Adele. Soos altyd is jou geloof 'n lig op my pad. Was vandag baie moedeloos oor wat die toekoms vir ons inhou en hierdie gedig van jou was gestuur.

adele

As iemand dit nie sê nie, verloor enige digter ook moed en val oor skrywersblokrotse, dankie liefliewe Raaitjie  :love7:
adéle  :grommit: