Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 20, 2021, 12:05:03 PM

Title: Hierdie onderstebo tyd
Post by: adele on August 20, 2021, 12:05:03 PM
Hierdie wêreld is onderstebo

Ons mooi land aan’t flarde,
verstrengeld hang die rafels
aan ses doringdrade.
Waar aasvoëls in die lug draai,
het hiënas klaar gevreet.
Wat bly daar vir hulle oor?

Die breë pad, vol gate en gevaar,
gebou op hierdie aarde;
stofsand, hartseer en trane
met bedrog en haatspeserye
tot ‘n soort sement gemeng.

Verkrummeld lê gister se stories.
Onseker lok môre se toekoms
anderkant die verste horison. 

Maar op die rooi tapyt van vrede
wat vir ons geloofskinders
se smal paadjie uitgerol is,
is geen verbrokkeling van waardes nie.
Dié pad is gebou in gees en waarheid.

©adéle theron
Title: Re: Hierdie onderstebo tyd
Post by: PM on September 13, 2021, 12:01:17 AM
Ek het soveel misgeloop.  Gelukkig is die forum standvastig en onveranderd.  Dankie tog, hier vang ek nou op.  Lief vir jou Adele. 
Title: Re: Hierdie onderstebo tyd
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2021, 06:01:51 AM
Dankie weereens lief Adele. Soos altyd is jou geloof 'n lig op my pad. Was vandag baie moedeloos oor wat die toekoms vir ons inhou en hierdie gedig van jou was gestuur.
Title: Re: Hierdie onderstebo tyd
Post by: adele on September 14, 2021, 02:01:28 PM
As iemand dit nie sê nie, verloor enige digter ook moed en val oor skrywersblokrotse, dankie liefliewe Raaitjie  :love7: