• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

1 September 2019

Started by adele, September 01, 2019, 07:41:44 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

adele

Versvriende, goeie mooiste Sondagmôre vir julle!

Die lente loer al oor die horison vir ons, maar na 'n paar warmer dae, herinner vanoggend se ysige luggie ons dat Augustus nog winter is in die suidelike halfrond. Maar nietemin, ek soek gister deur my boekrak na iets oor tuine; blomme, bolplante, struike, bome .... en les bes kom ek af op 'n boek: Indringerplante, Mooi maar gevaarlik

Ek blaai vlugtig daardeur en lees 'n paar bekende name: Selonsroos, uiters giftig; Doringturksvy en Toukaktus wat geen natuurlike vyand inheems het nie; Wildetabak wat ook giftig is en onder die ander, selfs Swarthout. Verbaas lees ek dat hierdie uiters gewilde meubelhoutsoort ook 'n bedreiging vir natuurlike plantegroei inhou.

So is ons elke dag in ons lewe in gevaar. Ons natuurlike neiging is na sonde. Ons is omring deur giftige parasietdade wat ons heeldag in gevaar hou; ons is deurspek met indringer-gedagtes wat deur ons menswees rank; ons is in sonde gebore en gaan daarmee sterwe. Maar dan kom God in sy genade en spreek gif op daardie parasiete. Hy vernietig die indringer-rankplantgedagtes wat ons denke oorgroei het. Hy kap die swart sondeplante uit wat die natuurlike, volmaakte fynbos wat in ons moes wees, ingeneem het ... Hy stuur sy Seun om al ons sonde op Hom te neem.

Soos wat God die aarde in die holte van sy hand hou, dit voed en versorg of swaarkry toelaat, omdat Hy die groter prentjie raaksien, so beskerm en bewaar Hy ons in hierdie wêreld, en vertel Hy ons dat ons nie van hierdie wêreld is nie. Ons kan elke dag begin met die wete dat Hy ons lei en versorg; glo in Hom, vertrou op Hom.

Dankie dierbare Here God, ons eer U grote Naam in liefde uit ons swakheid, maar hunker gedurig na U voorbeeld om dit na te volg. Gee ons die krag en genade daarvoor. Hierdie en nog baie meer vra ons in U Naam, Here Jesus, ons Saligmaker. Neem ons gebed na ons Vader, asseblief. Amen, amen Here.

adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#1
Dankie vir jou pragtige plasing mater. Self 'n paar onheilsplante/struike in ons tuin (en lewe). Dit is wonderlik om te sien hoe die eerste tekens van nuwe lewe in die tuin skielik orals sigbaar word. Ons termometers gaan die week tot in die 30's styg! Van winter reguit in somer geduik diekant van die aardbol. 


adele

Die land is warm, letterlik en figuurlik ja  :toothy4:
pragtig, ek wil by ons ook nog so hoekie skep, as ek gespaar word en ons nog water gaan hê.
adéle  :grommit:

PM

Dit is twee jaar later en ek is dankbaar vir die hitte na 'n liederlike koue winter. 
Ek kan ook doen met so 'n hoekie in my tuin!
Om te weet is om te verstaan.