178 F
179F weer langnek kameel gesien.
Ons het so bietjie in die kamp gaan ontspan, dit was toe vrek warm.
180A
Daar by savuti kamp is so paar koppies en by die een is ‘n 4x4 paadjie op wat ek gery het, hier wys foto 181 A hoe hoog groei die gras op die koppie. Die pad hou net op sowat ¾ na heel bo en dan moet jy maar weer omdraai.
Daarna het ons weer na die watergat gery en gekyk hoe die zebras en later 2 olifante kom water drink.
182 F
183 F
Op pad terug kamp toe nog zebras gesien
184 F
185 F
Alida neem graag die voëls af, sy het lekker lang lens vir haar kamera om hulle lekker naby te trek.
186 F
187 F
188 F
Ons hout voorraad was min en langs pad weer hout opgetel
189 F
190 F
191 F
192 F
Alida het weereens ‘n mooi sononder afgeneem op savuti
193 F
194 A
Toe die vrouens ablusieblokke toe is die aand het ek en Waric en Albertus besluit om ‘n lekker veld stort te neem en ja dit was vrek lekker.