• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

tseee-tjee-tjee

Started by adele, May 26, 2011, 08:37:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

tseee-tjee-tjee

wikkel 'n kwikkie haar boudjies
en trippel die straat af
   met haar veertjies mooi
oormekaargevou.

   sy tseee-tjee-tjee helder
en pik na 'n krummel,
   ontmoet haar vriendin
en skarrel in 'n koelte in.

   dit skinder en skerts
en verklik met erns
   die jongste happie nuus.

versorg 'n paar oop bekkies
  met stukkies wurms en
saadjies van die rivierwal af.

   vanaand tseee-tjee-tjee
sy saggies onder die maan,
   haar vlerkie skuur skaam
teen hulle pappa se skouer aan.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Ag Flip Flippie,  ek gee sommer vir jou twaalf uit tien vir hierdie een!!!!  Maar oeeee!!!  Ek beter nou bed toe gaan, want Pappa wag al laaaankal vir my!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En ek beaam PM se 12 uit 10 vir hierdie woordskepping. Puik matertjie!  :book1: :icon_salut: :hello2:

PM

Geniet ek dit weer 'n keer.  Pragtig gedoen!
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit: