Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 26, 2011, 07:37:52 PM

Title: tseee-tjee-tjee
Post by: adele on May 26, 2011, 07:37:52 PM
tseee-tjee-tjee

wikkel 'n kwikkie haar boudjies
en trippel die straat af
   met haar veertjies mooi
oormekaargevou.

   sy tseee-tjee-tjee helder
en pik na 'n krummel,
   ontmoet haar vriendin
en skarrel in 'n koelte in.

   dit skinder en skerts
en verklik met erns
   die jongste happie nuus.

versorg 'n paar oop bekkies
  met stukkies wurms en
saadjies van die rivierwal af.

   vanaand tseee-tjee-tjee
sy saggies onder die maan,
   haar vlerkie skuur skaam
teen hulle pappa se skouer aan.

 :grommit:
Title: Re: tseee-tjee-tjee
Post by: PM on May 26, 2011, 09:08:49 PM
Ag Flip Flippie,  ek gee sommer vir jou twaalf uit tien vir hierdie een!!!!  Maar oeeee!!!  Ek beter nou bed toe gaan, want Pappa wag al laaaankal vir my!   :icon_biggrin:
Title: Re: tseee-tjee-tjee
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2018, 11:20:47 AM
En ek beaam PM se 12 uit 10 vir hierdie woordskepping. Puik matertjie!  :book1: :icon_salut: :hello2:
Title: Re: tseee-tjee-tjee
Post by: PM on December 12, 2018, 11:26:19 AM
Geniet ek dit weer 'n keer.  Pragtig gedoen!
Title: Re: tseee-tjee-tjee
Post by: adele on January 15, 2019, 08:20:58 AM
 :love7: