• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer

Started by adele, January 11, 2016, 07:13:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Om te verlang ...   :love7: 

     Vleg 'n honderd vinknessies
aan 'n wilgerboom
op die walle van die Mooirivier...

     Volg 'n duisend springbokke
en ryg hulle pronkspronge
aan riempies om jou hals...

     Strooi 'n miljoen sterre
oor die helder maan
se eggo-blink ronde lyf...

     So kan jy nie sy liefde
met silwerdraad
om jou polse bind nie

     maar herinneringe roep
verlangend in jou hart
waar jy dit ewig kan bewaar

©adéle theron
adéle  :grommit:

Fransi


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

adéle  :grommit:


PM

Ek het ook probeer komtaartjie plaas, maar ons internet was weer "down to the ground" die laaste twee weke.  Kom ons hoop hierdie een tref.

Pragtig geskryf Adéle.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

adele

hier is die gesukkel ook maar erg, op sy beste het internet ook net gekom om ons vreeslik te versoek, dink ek  :icon_biggrin:   :icon_biggrin:
baie dankie Fransi xx 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


adele

Raaitjie! As ek nie my naam sien nie, wonder ek deesdae wie het dit geskryf ... my oudste griffels is al vergete in my geheue ...
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ken ek nie daardie gevoel nie! Vinknessie sal nooit weer dieselfde wees sonder om aan verlange te dink soos deur jou beskryf nie.  :book1: :icon_salut: :notworthy:

adele

adéle  :grommit: