Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 11, 2016, 07:13:04 PM

Title: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: adele on January 11, 2016, 07:13:04 PM
Om te verlang …   :love7: 

     Vleg ‘n honderd vinknessies
aan ’n wilgerboom
op die walle van die Mooirivier…

     Volg ‘n duisend springbokke
en ryg hulle pronkspronge
aan riempies om jou hals…

     Strooi ’n miljoen sterre
oor die helder maan
se eggo-blink ronde lyf…

     So kan jy nie sy liefde
met silwerdraad
om jou polse bind nie

     maar herinneringe roep
verlangend in jou hart
waar jy dit ewig kan bewaar

©adéle theron
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: Fransi on January 12, 2016, 08:25:26 AM
Pragtige beelde!
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: Naas on January 12, 2016, 12:08:53 PM
Dit is solo mooi. Ek het nie woorde nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: adele on January 16, 2016, 01:28:23 PM
dankie lief julle  :love7: 
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: Fransi on January 16, 2016, 04:08:31 PM
 :love7:
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: PM on January 17, 2016, 11:01:42 AM
Ek het ook probeer komtaartjie plaas, maar ons internet was weer "down to the ground" die laaste twee weke.  Kom ons hoop hierdie een tref.

Pragtig geskryf Adéle.   :notworthy:
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: adele on January 18, 2016, 09:23:47 AM
hier is die gesukkel ook maar erg, op sy beste het internet ook net gekom om ons vreeslik te versoek, dink ek  :icon_biggrin:   :icon_biggrin:
baie dankie Fransi xx 
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 11:54:06 AM
Ek lees saam oor die skouer van 'n geliefde mater  :love7: :notworthy:
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: adele on November 06, 2018, 12:04:23 PM
Raaitjie! As ek nie my naam sien nie, wonder ek deesdae wie het dit geskryf ... my oudste griffels is al vergete in my geheue ...
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 12:15:33 PM
Ken ek nie daardie gevoel nie! Vinknessie sal nooit weer dieselfde wees sonder om aan verlange te dink soos deur jou beskryf nie.  :book1: :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: Om verlange te temper is soos om die onmoontlike te probeer
Post by: adele on November 06, 2018, 12:27:49 PM
 :love7: