• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

geseltou

Started by adele, October 25, 2018, 03:55:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

in die skielike swaai van woorde
breek 'n gesel se laaste tou,
kloof oor haar hart se skouers
en in die onverwagse pyn
word haar weerstand oopgeskeur

agter haar oë verkrummel
die damwal tussen die krake,
niemand naby nie om die sluise
in haar seerste verdwasing
troostend met liefde oop te trek

sy vlug onder 'n oorhangrots
teen die berghang se skuinste in
en krul haarself eensaam op,
haar bloeiende sweepslagwonde
in daardie nagwoestyn skoon te lek

©adéle theron
uit my argief ...

adéle  :grommit:

PM

Shoe, dit is diep.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Jou boektoewoorde breek harte van klip middeldeur en laat hulle verbrokkel Annie van lankal.

adele

Liefliewe Raaitjie, soms verlang ek diep terug na my annie-dae
adéle  :grommit:

PM

Ek dink nog steeds aan jou as Annie.  My liewe Annie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ai Petra, daardie dae was ek soekend maar gelukkig in my ontdekking van Afrikaans en woorde ... eerste keer wat genoem word weduwee, sonder gedagte aan wat sou voorlê.
adéle  :grommit:

PM

Jy het daardeur gekom met vlieende vaandels my liewe vriendin.  Ons het almal gegroei wat skrik vir niks.  Al wat ek oorgehou het is 'n diep liefde vir elkeen van julle. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Daardie bande was stewig gebind, sonder twyfel. Ons is die bewys daarvan na baie baie sand deur die uurglase gegaan het, gee ons nog om vir mekaar. Woordfamilie.
:love7:  :book1: :icon_salut:

PM

Ek glo ons doen Raaitjie.   :love7:   +    :love7:
Om te weet is om te verstaan.