Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 25, 2018, 02:55:35 PM
-
in die skielike swaai van woorde
breek ’n gesel se laaste tou,
kloof oor haar hart se skouers
en in die onverwagse pyn
word haar weerstand oopgeskeur
agter haar oë verkrummel
die damwal tussen die krake,
niemand naby nie om die sluise
in haar seerste verdwasing
troostend met liefde oop te trek
sy vlug onder ‘n oorhangrots
teen die berghang se skuinste in
en krul haarself eensaam op,
haar bloeiende sweepslagwonde
in daardie nagwoestyn skoon te lek
©adéle theron
uit my argief ...
-
Shoe, dit is diep. :notworthy:
-
:love7:
-
Jou boektoewoorde breek harte van klip middeldeur en laat hulle verbrokkel Annie van lankal.
-
Liefliewe Raaitjie, soms verlang ek diep terug na my annie-dae
-
Ek dink nog steeds aan jou as Annie. My liewe Annie.
-
Ai Petra, daardie dae was ek soekend maar gelukkig in my ontdekking van Afrikaans en woorde ... eerste keer wat genoem word weduwee, sonder gedagte aan wat sou voorlê.
-
Jy het daardeur gekom met vlieende vaandels my liewe vriendin. Ons het almal gegroei wat skrik vir niks. Al wat ek oorgehou het is 'n diep liefde vir elkeen van julle.
-
:love7:
-
Daardie bande was stewig gebind, sonder twyfel. Ons is die bewys daarvan na baie baie sand deur die uurglase gegaan het, gee ons nog om vir mekaar. Woordfamilie.
:love7: :book1: :icon_salut:
-
Ek glo ons doen Raaitjie. :love7: + :love7: