• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oudword is nie vir sissies nie

Started by Meraai vannie Baai, November 12, 2018, 12:46:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie


PM

Ai Assie, ek het al gedink ek moes 'n kroeskoppie (alhoewel dit heeltemal iets anders genoem is daai dae)  vermoor het in my vorige lewe.  (Dit is wat my pa altyd gesê het omdat hy nie kon slaap nie), maar dit het niks  met slaap te doen nie, eerder rus vir my siel.
Die slim mense sê mos, die pad na die hel is uitgelê met goeie bedoelings en ek het sommer goeie dade ook bygevoeg. Die laaste vier maande was hel vir ons, want oudword is nie vir sissies nie!  Dit is baie moeilik as jy nie meer kan doen waaraan jy gewoond was nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ta PM en Oom Naas maak my bang om oud te word...

:mumum:

PM

Ongelukkig het jy nou nie 'n keuse nie, jy moet maar oud word.  Doen dit tog net met dignity. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My mees gebruikte woorde deesdae dui erg op oudword:
Oooooo Jaaaa! DIS wat ek wou gaan doen het...tot ek weer daar kom en die res is history wat mystery word  :bootyshake: :icon_biggrin:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Oudword is nie vir sissies nie....Okay...... maar ook nie vir die wat saam een leef nie, en ook oudword.  :evil6: :evil6: :evil6: :evil6:

Dis nie vervelig nie. Dis een ding wat nie twee is nie.

Elkedag is 'n uitdaging.

:toothy4: Die sonstraal is dat ek haar nog met my het. Hollander en al.  :toothy4:

:angel12:

PM

Ek voel hierdie oudword aan my hele lyf en my brein.  Tans is ek vasgevang in die voorbereiding vir Hannes se heupvervanging en die verdomde dak wat nog steeds water pis, plafonne verf en dennekwasplafonne wat gekleur word. Ek wil sommer net die kombers oor my kop trek en in 'n hoek sit. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ai dis so jammer. Ek wil nie meer sukkel nie. Ek is oor die gesukkel van die lewe en groot word. Ek wil nou net rustig wees. BUT die lewe wil nie saam speel nie.
So sukkel sukkel sal ek nog 'n treetjie gee.  :evil6: :evil6: :evil6: :evil6: :evil6:

:angel12:

PM

Ja wat, pak jul karretjie en kom kuier vir ons. 
Om te weet is om te verstaan.