• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sou ek maar kon ...

Started by adele, November 24, 2016, 07:51:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

sou ek maar saad
uit groen gras kon wan,
dan kon ek jou sielwees ontmoet;
die hartseer uit jou gisters verjaag
die weerkaatsing wat in jou oë verrimpel
sag kalmeer, soos slaap wat in 'n wiegie sus
en later sou ek vir jou 'n iris wou gee,
kosmosfyn gekweek vir 'n prinses
in sagte geel en pers en wit
en jou oë met ons Vader
se reënboogbeloftes
en liefde inkleur

©adéle theron
adéle  :grommit:

Assie

Pragtig Adele. Jou werk is altyd so gevoelvol.


:mumum:

adele

adéle  :grommit:

PM

Pragtig Adele.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

adele

adéle  :grommit:

PM

Dankie matertjie.  Lief jou.
Om te weet is om te verstaan.