Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 24, 2016, 07:51:20 PM

Title: Sou ek maar kon ...
Post by: adele on November 24, 2016, 07:51:20 PM
sou ek maar saad
uit groen gras kon wan,
dan kon ek jou sielwees ontmoet;
die hartseer uit jou gisters verjaag
die weerkaatsing wat in jou oë verrimpel
sag kalmeer, soos slaap wat in ’n wiegie sus
en later sou ek vir jou ’n iris wou gee,
kosmosfyn gekweek vir ’n prinses
in sagte geel en pers en wit
en jou oë met ons Vader
se reënboogbeloftes
en liefde inkleur

©adéle theron
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: Assie on November 25, 2016, 08:17:09 AM
Pragtig Adele. Jou werk is altyd so gevoelvol.


 :mumum:
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: adele on November 26, 2016, 05:14:13 AM
liewe Assie ....
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: PM on November 30, 2016, 10:23:35 AM
Pragtig Adele.  Ek lief dit. 
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2016, 12:43:48 AM
Huilmooi!
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: Marinda Kemp on December 01, 2016, 11:32:07 PM
Pragtig. Soos altyd.  :love7:
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: adele on December 03, 2016, 09:25:18 PM
dankieblomme vir julle
Title: Re: Sou ek maar kon ...
Post by: PM on December 04, 2016, 04:43:42 AM
Dankie matertjie.  Lief jou.