• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ierland 2015 # 8 Londonderry

Started by AB, August 22, 2015, 07:10:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

ierland 2015 # 8 Londonderry

of Derry soos die mense daar van die stad praat. Dit is een van die min stede wat se oorspronklike stadsmuur steeds ongeskonde is.
Ons is die oggend weg by die B&B na 'n heerlike slaap en ontbyt.
Dit was Sondag oggend en agv die dag is die stad baie stil. Die winkels maak eers 1 uur die middag oop, als is doodstil so vroeg op Sondag oggend en ons het lekker stil strate en kan sommer by die plek parkeer waar ons moet bymekaar kom.


kerk toring in Derry




een van die ou stadspoorte











Bo op die stadmuur.






onlangse oorlog is nog diep in hulle geheue gegraveer.



die sypaadjies se randstene word geverf in die kleure van die groep wat in daardie gebiede bedrywig is. Wat dit als beteken weet ek nie, kon ook nie so mooi uit maak wat die gids vertel het nie. Hyt vrek moeilike engels gepraat. op 'n kol praat hy van 'n "rudder" en later na die 3 de keer wat  hy na rudder verwys kom ek agter hy praat eintlik van river,






ek dink dit het iets te doen met die feesvieringe van 12 julie.














die man met die moeilike engels




daardie kerk daar onder in die straat is anderkant die noordelike stadsmuur en ek het die foto geneem vanaf die suidelike stadsmuur.







die stad het baie geskiedenis van oorlog en daar was 'n beleg ook op 'n tyd waar die stad afgesny is dat kos nie kon inkom nie.




die stryd tussen die protestante en rooms katolieke was hier ook erg. Baie oor en weer geskiet. DIe protestante het die katolieke baie onderdruk, soos hulle het nie werk gekry nie en is nie toegelaat om in die ekonomie te deel nie, van daar die opstande.



dit is geteken na die vrede gesluit is







die skool meisie het een oggend op pad skool toe iets gesien wat sy wou optel en saam skool toe neem en toe sy buk het iemand haar geskiet.......


hier in die deel was daar baie en hewige gevegte








































































Vervolg #9 glenveagh castle








PM

Ek kom maar kort-kort weer terug om nog te kyk.  Dit is ongelooflik!
Om te weet is om te verstaan.