• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wynvliegvlerke

Started by Naas, March 28, 2012, 12:13:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Met 'n gefladder
van wynvliegvlerke
sleeptong slinger
hy die stoeptrappies op.
Deur die GPS
van padkaartoë
die twee rye spore
tot by die huis gevolg.

Soutpilaar bedonnerd
hande in die sy,
kneukels moerwit
om pannekoekpan
se piksteel geklem,
wag die doodsengel
in die deur.

Waar?
Kom?
Jy?
Nou?
Vandaan?

Brandewynasem
dra die antwoord...
Hoekom vra jy?

Pannekoekpan flits...

Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.

Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

WoW  wOw  WOW ...

dis nou goed verwoord, goed beksryf en mooi versier!

Dis 'n prag stuk wat 'n Nobel prys verdien!!!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Fransi

 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin: Puik, humoristies geskryf.

PM

Hoe op dees aarde het ek  DIT  gemis?
Pragtig Naas.  Jy doen dit altyd!  'n Mens se lagspiere kry nie kans om laks te wees in jou geselskap nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

adele

oulik Naas, 'n ou-ou verhaal met 'n nuwe jakkalsveljas om. en ek geniet Angie se 'opsomming' met 'n giggel.

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

Ja-nee, waraggies. Ons gevreetjies vertel hul eie storie... Of ons s'n.

Dankie Annie en  :angel4: tjie




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja-nee, 'n beter voorstelling is daar nie.  :icon_biggrin:  Toe ek daai "fluitjie" sien blaas toe dink ek aan myself na so 'n paar rooietjies.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Toggietjie tog kyk ek nou skuldig na die rooietjie hier voor my ook  :icon_biggrin: Onse eie Langenhoven hoe geseend is ons nie met jou in onse midde  :book1: :love7: :notworthy:

Naas

Moet ek nou daai "rooietjie' twee keer lees voor ek die glas by die lippe kry. Dag eers die baba het rooi hare of so iets. Hie hie hie.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :icon_biggrin:  Jy is reg Raaitjie, ons bring die kluitjie by die oor,
Naas kry die glas by die lippe!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#11
Pannekoekpan flits...

Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.

Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?

Lief die wynglasvorm van Naas!
:headbang: :book1: :icon_salut:

PM

Ons kan 'n ding daar anderkant agter die berg gaan haal en nuwe lewe inblaas.     :angel8:


Dit bring sulke goeie herinneringe terug.
PRagtige gedigtegedagtes. 
Om te weet is om te verstaan.