Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on March 28, 2012, 11:13:15 AM

Title: Wynvliegvlerke
Post by: Naas on March 28, 2012, 11:13:15 AM
Met ‘n gefladder
van wynvliegvlerke
sleeptong slinger
hy die stoeptrappies op.
Deur die GPS
van padkaartoë
die twee rye spore
tot by die huis gevolg.

Soutpilaar bedonnerd
hande in die sy,
kneukels moerwit
om pannekoekpan
se piksteel geklem,
wag die doodsengel
in die deur.

Waar?
Kom?
Jy?
Nou?
Vandaan?

Brandewynasem
dra die antwoord…
Hoekom vra jy?

Pannekoekpan flits…

Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.

Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Ah Willa on March 28, 2012, 11:27:46 AM
WoW  wOw  WOW ...

dis nou goed verwoord, goed beksryf en mooi versier!

Dis 'n prag stuk wat 'n Nobel prys verdien!!!!
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Fransi on March 28, 2012, 11:40:52 AM
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin: Puik, humoristies geskryf.
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: PM on April 04, 2012, 09:00:54 AM
Hoe op dees aarde het ek  DIT  gemis?
Pragtig Naas.  Jy doen dit altyd!  'n Mens se lagspiere kry nie kans om laks te wees in jou geselskap nie.   :hello2:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Angelica on April 04, 2012, 07:32:46 PM
 :occasion14: :occasion16: :occasion18:

veroorsaak

 :violent1:
 :crybaby2:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: adele on April 04, 2012, 08:07:11 PM
oulik Naas, 'n ou-ou verhaal met 'n nuwe jakkalsveljas om. en ek geniet Angie se 'opsomming' met 'n giggel.

 :grommit:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Naas on April 04, 2012, 08:36:46 PM
Ja-nee, waraggies. Ons gevreetjies vertel hul eie storie... Of ons s'n.

Dankie Annie en  :angel4: tjie




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: PM on April 05, 2012, 12:22:15 PM
Ja-nee, 'n beter voorstelling is daar nie.  :icon_biggrin:  Toe ek daai "fluitjie" sien blaas toe dink ek aan myself na so 'n paar rooietjies.   :icon_biggrin:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Meraai vannie Baai on April 09, 2012, 10:25:51 AM
Toggietjie tog kyk ek nou skuldig na die rooietjie hier voor my ook  :icon_biggrin: Onse eie Langenhoven hoe geseend is ons nie met jou in onse midde  :book1: :love7: :notworthy:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Naas on April 09, 2012, 11:12:49 AM
Moet ek nou daai "rooietjie' twee keer lees voor ek die glas by die lippe kry. Dag eers die baba het rooi hare of so iets. Hie hie hie.






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: PM on April 09, 2012, 02:28:32 PM
 :icon_biggrin:  Jy is reg Raaitjie, ons bring die kluitjie by die oor,
Naas kry die glas by die lippe!  :icon_biggrin:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2021, 03:33:34 AM
Pannekoekpan flits…

Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.

Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?

Lief die wynglasvorm van Naas!
:headbang: :book1: :icon_salut:
Title: Re: Wynvliegvlerke
Post by: PM on November 12, 2021, 03:47:57 AM
Ons kan 'n ding daar anderkant agter die berg gaan haal en nuwe lewe inblaas.     :angel8:


Dit bring sulke goeie herinneringe terug.
PRagtige gedigtegedagtes.