Hierdie is beslis my gunsteling visgereg.
800 gr stokvisfilette, ek is nie gepla oor die velletjies nie, maar verwyder dit as jy nie daarvan
hou nie
sout en peper na smaak
1 ui in ringe gesny, ek vat sommer twee groot uie.
olie
250 gr sampioene, in redelike repe gesny
50 ml gekapte petersielie
25 ml botter of margarine
30 ml koekmeelblom
250 ml melk
40 ml sjerrie of brandewyn werk ook
2 ml paprika, maar ek gooi dit mildelik.
500 ml sterk kaas.
Voorverhit die oond tot 180 grade
Smeer 'n oondvaste bak met botter
Pak die vis in die bak
Geur aan alby kante met sout en peper na smaak.
Plaas in die oond en bak 20 minute lank totdat die vis amper gaar is.
Giet die vloeistof af, maar behou dit.
Soteer intussen die uie tot sag.
Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin, of soos jy daarvan hou.
Skep oor die vis.
Sprinkel ook die petersielie oor.
Vul nou die vloeistof aan met melk tot 250 ml.
Maak dan 'n witsous met die botter en koekmeelblom en gegeurde melk.
Voeg ook die sjerrie en 50ml gerasperde kaas by.
Geur na smaak met sout en peper en paprika en waarvan jy nog hou.
Roer totdat die kaas gesmelt het.
Giet die sous oor die vis.
Strooi die res van die kaas oor.
Bak nog sowat 15 minute lank, totdat die vis heeltemal gaar is.
Dien op saam met rys en groenslaai of net waarvan jy hou.
Eet lekker!
Ek sal gou 'n mieliegeregresep plaas wat heerlik saam met die vis is.