• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Houtwerk

Started by Naas, August 21, 2018, 04:02:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Die skaaf fluit oor die hout
dat houtskaafsels om my vingers krul.
Die pepergeur van vars imbuia
val my reuksensore aan.


My hande is weer besig
maar my siel kry rus.
En more, uit die rus gebore,
kry 'n koffietafel dalk sy staan.


Of iemand hom wil hê of nie,
ek gee geen vlenter om.
Want in sy maaksel
Het my siel tot rus gekom.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Naas, ek is mal oor houtwerk!

"in sy maaksel
Het my siel tot rus gekom."
Kamp is koning!

Naas

Oor die gas se skouer.
Dit raak weer Desember vakansie en wanneer ander langs die kamvure ontspan sal 'arme' Naas maar weer sy siel voed met houtwerk en roulynolie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Sou wat wou gee dat Outop en ek 'n draai by jou kon maak Naas. Net daar sit en kyk hoe jou maaksels lewe kry!

PM

Ek dink elke persoon wat homself so kan inleef met die skep van 'n artikel, verstaan presies wat jy sê Naas.  Pragtig geskryf en ja, ek sou graag daardie koffietafel wil hê.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As hy klaar is maak ons n plan om hom by jou te kry.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jy kan dit maar self bring.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.