Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 21, 2018, 03:02:17 PM

Title: Houtwerk
Post by: Naas on August 21, 2018, 03:02:17 PM
Die skaaf fluit oor die hout
dat houtskaafsels om my vingers krul.
Die pepergeur van vars imbuia
val my reuksensore aan.


My hande is weer besig
maar my siel kry rus.
En more, uit die rus gebore,
kry ‘n koffietafel dalk sy staan.


Of iemand hom wil hê of nie,
ek gee geen vlenter om.
Want in sy maaksel
Het my siel tot rus gekom.


Title: Re: Houtwerk
Post by: Anton Louw on August 21, 2018, 04:54:02 PM
Naas, ek is mal oor houtwerk!

"in sy maaksel
Het my siel tot rus gekom."
Title: Re: Houtwerk
Post by: Naas on November 15, 2018, 02:05:56 AM
Oor die gas se skouer.
Dit raak weer Desember vakansie en wanneer ander langs die kamvure ontspan sal 'arme' Naas maar weer sy siel voed met houtwerk en roulynolie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Houtwerk
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 04:40:01 AM
Sou wat wou gee dat Outop en ek 'n draai by jou kon maak Naas. Net daar sit en kyk hoe jou maaksels lewe kry!
Title: Re: Houtwerk
Post by: PM on November 15, 2018, 09:49:34 AM
Ek dink elke persoon wat homself so kan inleef met die skep van 'n artikel, verstaan presies wat jy sê Naas.  Pragtig geskryf en ja, ek sou graag daardie koffietafel wil hê.   :bootyshake:
Title: Re: Houtwerk
Post by: Naas on November 15, 2018, 04:33:43 PM
As hy klaar is maak ons n plan om hom by jou te kry.


Title: Re: Houtwerk
Post by: PM on November 15, 2018, 04:38:33 PM
Jy kan dit maar self bring.   :hello2: