Ek wil nie na 'n preek luister, hetsy oor die radio of in die kerk, en staaltjies hoor oor hoe jy en jou kamermaat op MATIES ge-oefen het in die gym en watter sport jy beoefen en hoe flabby mense behoort te gym ens ens ens.. deur 'n jong predikantjie wat seker net verlede jaar klaar studeer het. Ek was ook op Stellenbosch al. So ook derduisende ander mense.
Klink vir my meer of die mannetjie 'brag' oor... wat??
Dan het ek op Kersdag, nogal, gehoor hoe Mnr Mandela en ander medegevangenis en vrinne en trawante vergewensgesind was na hul vrylating/loslating en bla, bla, bla...
Ek wil nie oor die vingers getik word omdat ek nie vir die soveelste keer op my kniee moet neerval en se ek is jammer of voete was oor/aan iets waaraan ek geen greintjie toedoen het/gehad het.
Ek wil 'n Boodskap hoor van die preekstoel af.