Die titel se presies wat my sondige daad behels het. Leer ook nooit. Ek moes gister eerder by
vriendinsondermotorlisensie weer die ander wang gedraai het en nie die ander oor nie; was die onnatuurlike stilte oor huis en haart toe ek klop, my gespaar.
Vorige geleentheid hoeka klap deur gesig gekry toe ek dog dalk was dit my verbeelding dat ek die radio hoor bler het met my aankoms en net na die klop daardie onnatuurlik stilte....
Blindings het die nare neiging om die ene wat jy beetkry vir loer, boontoe en ondertoe te beinvloed. Nes af-kos.
Tsssssk! Versoeking was groot om Lot se vrou te speel met die terugstap Jepie toe en so
te gee.
Toe kruie ek maar voort en gaan haal op eie houtjie my twee gratis struike by die munisipaliteit wat die cowboy-dorpies in ons omgewing elke jaar ontvang en tel my seeninge een vir een vir die voorreg om aanlynmaters te he. Kan nie sien of hoor as hulle wegkruip as ek hulle wou saamnooi nie
PM vertel mos die pad na die hel is met goeie bedoelings uitgele en ek is heiliglik oortuig dat daar weerskante, doring-in-die-vlees-struike groei.
So lyk die skatte vir ons gevlerkte vrinne hierdie jaar. Almal het gewaarsku: onthou dit verstop rioolpype, so ons sal ver weg plant; die fladder van vlerke en dankbare gekwetter geniet as dit spierwit in blom staan.