• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vandag kry ek ons boeke

Started by PM, August 30, 2013, 09:06:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Any day now...
Come on, Mr Postman, roer jy ass.
elle

PM

Die koerier haal vandag die boeke af by Breyten.  Ek hoop van harte julle ontvang dit gou.  Ek is meer gerus met 'n koerier, want die poskantoor het blykbaar nog baie probleme. 

Jannie en Cornelis het hulle boeke kom haal en hulle is baie tevrede daarmee.
Daar het van die boeke in die slag gebly met die bindproses en Cornelis was so vriendelik om vir my 5 boeke te "leen" totdat die res oorgedoen kan word.
Indien iemand nog boeke wil bestel kan ek dit saam laat doen. 

Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het gister van Breyten verneem dat sy koerier nie orals aflewerings doen nie en hy het van die boeke met Postnet gestuur.  Ek hoop hulle maak gou.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

En Ella het die Kaap se boeke op Donderdag ontvang. 
Ek kon amper nie die pakkie met 'n sker oopgesny kry en het sommer met die hand oopgeskeur...
Die boeke is stunning.  Ons het gedink RK&V was stunning, maar ons nuwe boek is super stunning. 
My baas het gelees en gelees en gelees... en sy kommentaar was dat dit nie 'n liggewig boek is nie, maar 'n boek om te besit.
Ek is baie trots om deel te wees hiervan. 
Baie dankie PM.  xx
elle

Meraai vannie Baai

Ekke sooooo bly en trots saam jou!! Kan nie wag om myne te ontvang nie  :love7:

PM

Ek is soooo bly jy is gelukkig Els.   :hello2:

Raaitjie, jy sal moet 'n skerp sk^er en 'n mes byderhand hou.  Hannes het jou boek so toegewikkel met kleeflint en maskeerband dat dit jou 'n rukkie sal neem om oop te kry. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het die nuwe besending boeke ontvang.  As julle nog boeke wil bestel is julle welkom.  Dit sal steeds teen dieselfde prys van R380.00 per boek wees plus posgeld. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

My boeke kom nog steeds so een een by my mense uit. Almal praat net met lof van ons boek. PM ons het 'n goeie taak verrig, veral jy. Baie dankie vir die geleentheid wat jy my gebied het om deel te wees van die boek. Lovies

PM

Baie dankie Ans, dit is lekker om dit te hoor.  Dit is 'n voorreg om jou deel te hê van ons boek, sonder my skrywers kan ek nie boeke uitgee nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Goeiste, toe bereik ons nog 'n mylpaal!  Ek onthou daardie dae, harde werk en min slaap.  Ek dink dit is hoekom ek nog nie boek drie afgeskop het nie.  Dit was harde werk.
Wat dink julle, is ons reg vir boek drie?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :coffee2: ek drink gou hier bietjie koffietjie na n hele paar maan aande al verby gegaan het  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Fantasties om jou raak te lees Sustertjie.  Ek wil arms swaai en liefies stuur maar my gesiggies werk nie.  Verbeel jou maar jy sien dit. 

Ons sal seker September Kaap toe kom vir 'n paar dae, hoop om julle dan te sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Verseker moet ons mekaar sien - ek sal Andre vra om te loer na die gevreetjies .. wonder hoekom wil hulle nie saam werk nie - ek sien hulle wel  :color:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek sien almal gebruik die goedjies.  munky2 het AndrĂ© gesĂȘ, maar soos jy sien wil dit ook nie werk nie. 
Hoekom is net myne buite werking?
Om te weet is om te verstaan.