• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

is ek ook skuldig?

Started by adele, February 10, 2013, 05:36:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

'n gewone dag
verloom in skemeraand,
tot rosig horison
vergrys tot nagfluweel

maar agter struiklanings
waar sekelmaan laataand
mure vol duiwelsgraffiti gooi,
skuil sadisties 'n wolf

sy kloue in slangspoeg gedoop
sy tande bloeddruppend
met satansgif gevul,
'n mantel deur demone geweef
om sy skouers gebind -
en  nog 'n slagoffer word vermink

die wêreld het hy deurkruis
en hierdie land sy prooi gemaak,
onversadig spoed hy die berge oor
sy wolwelag rol oor die vlaktes voort

onskuldige kinderoë se angs
bind hy om sy hart
verslaentheid van jonk en oud
is kruie vir sy heksepot
geen  ingewandslagting
kan meer sy grynshonger stil

geboë hoof -
waar knielend mens
sukkel om geloof en hoop
as halssnoer bymekaar te hou –
smeek sy Skepper
om die aardse silkus te verkort
om sy hande te bind
en sy woorde te stil

want geen haat
en weerwraak uit gebroke harte
gaan Ewige vergifnis
aan elk sondige mens,
aan elke kind van God
se diepste wese bind nie.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Goed deurdink Adéle.  Ek lees en lees nog, want hieragter skuil 'n mondvol. 
Die titel laat my kopkrap. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

is ek ook skuldig?

ek het 'n groot probleem met kommentaar--
op FB, koerantberigte, gesels tussen vriende ens--

oor wrede moordenaars, verkragters, regeringsbeamptes wat 'n veer voel vir ons land en sy mense, bedrieers oral in die gemeenskap... swak polisie, skole hospitale ens ens

by ons Vader is daar geen verskil tussen gedagtes, wrede mondelinge verwensings of werklike dade nie.

:grommit:

adéle  :grommit:

PM

Ek dink dit is baie mooi verwoord Adéle.  Dit skep duidelike beelde.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En op die oomblik is 'n gas besig om hierdie skepping te 'print'  :notworthy: :icon_salut:

Guest   10:59:04 PM   Printing the topic "is ek ook skuldig?".

adele

More Raaitjie, dis nog amper nag, klein skemerte hier.
Dis ons dilemma op internet ... enige een kan jou griffels "copy"  maar as hierdie boodskap in God se woord verder gaan, dan is dit goed.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Stem saam matertjie. Pragtige woordskepping inderdaad!

adele

adéle  :grommit: