Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 10, 2013, 05:36:43 PM

Title: is ek ook skuldig?
Post by: adele on February 10, 2013, 05:36:43 PM
’n gewone dag
verloom in skemeraand,
tot rosig horison
vergrys tot nagfluweel

maar agter struiklanings
waar sekelmaan laataand
mure vol duiwelsgraffiti gooi,
skuil sadisties ’n wolf

sy kloue in slangspoeg gedoop
sy tande bloeddruppend
met satansgif gevul,
’n mantel deur demone geweef
om sy skouers gebind -
en  nog ’n slagoffer word vermink

die wêreld het hy deurkruis
en hierdie land sy prooi gemaak,
onversadig spoed hy die berge oor
sy wolwelag rol oor die vlaktes voort

onskuldige kinderoë se angs
bind hy om sy hart
verslaentheid van jonk en oud
is kruie vir sy heksepot
geen  ingewandslagting
kan meer sy grynshonger stil

geboë hoof -
waar knielend mens
sukkel om geloof en hoop
as halssnoer bymekaar te hou –
smeek sy Skepper
om die aardse silkus te verkort
om sy hande te bind
en sy woorde te stil

want geen haat
en weerwraak uit gebroke harte
gaan Ewige vergifnis
aan elk sondige mens,
aan elke kind van God
se diepste wese bind nie.

 :grommit:
Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: PM on February 11, 2013, 09:23:57 AM
Goed deurdink Adéle.  Ek lees en lees nog, want hieragter skuil 'n mondvol. 
Die titel laat my kopkrap. 
Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: adele on February 11, 2013, 03:56:01 PM
is ek ook skuldig?

ek het 'n groot probleem met kommentaar--
 op FB, koerantberigte, gesels tussen vriende ens--

oor wrede moordenaars, verkragters, regeringsbeamptes wat 'n veer voel vir ons land en sy mense, bedrieers oral in die gemeenskap... swak polisie, skole hospitale ens ens

by ons Vader is daar geen verskil tussen gedagtes, wrede mondelinge verwensings of werklike dade nie.

 :grommit:

Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: PM on February 11, 2013, 04:18:19 PM
Ek dink dit is baie mooi verwoord Adéle.  Dit skep duidelike beelde.   :notworthy:
Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2018, 11:13:30 PM
En op die oomblik is 'n gas besig om hierdie skepping te 'print'  :notworthy: :icon_salut:

Guest   10:59:04 PM   Printing the topic "is ek ook skuldig?".
Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: adele on January 24, 2018, 05:25:59 AM
More Raaitjie, dis nog amper nag, klein skemerte hier.
Dis ons dilemma op internet ... enige een kan jou griffels "copy"  maar as hierdie boodskap in God se woord verder gaan, dan is dit goed.
Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: Meraai vannie Baai on January 24, 2018, 10:41:46 AM
Stem saam matertjie. Pragtige woordskepping inderdaad!
Title: Re: is ek ook skuldig?
Post by: adele on January 28, 2018, 07:42:25 PM
Dankie lief Raaitjie  :wave: