Ek het dit ook nog nooit self gemaak nie. Doen van vandag "clean eating" om teen Desember op die strand te kan loop sonder om soos 'n walvis te lyk.
Gelukkig is die internet 'n wonderlike hulpmiddel en ek het soveel resepte gekry vir lensies. Resep hieronder vir lensie slaai.
2 eetlepels extra-virgin olyfolie
1 eetlepel rooiwynasyn
1 koppie lensies, gekook, gedreineer, afgespoel
1 klein rooi peper, gekap
1 klein avokado
1/4 rooi ui, dun gesny
feta kaas
slaaiblare
Spoel jou lensies goed af en kook vir 30 -40 minute. Dreineer en spoel weer af.
Sny al die ander bestanddele op en meng met die lensies.
Meng dan laaste die olyfolie en rooiwynasyn in.
Ek gaan defnitief hierdie resep oor die naweek probeer.