• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

iek fôrstaan nié en buy a donkey

Started by Meraai vannie Baai, August 20, 2018, 01:30:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

My Kiwi skoondogter het haar Afrikaanse woordeskat van twee sinne (iek fôrstaan nié / iek is liev fôr jou) aangevul met nog 'n sin waarop sy baie trots is: 'buy a donkey' - so onthou sy 'baie dankie'  :icon_biggrin:

As iemand nog sulke hulpmiddels het, kom deel asseblief. Buy a donkey!
:angel8: :wave:

PM

Baie goed Raaitjie. 
Ek speel altyd Monopoly met Jacian.  Hy is nou 7 en hy is altyd die bankbestuurder.  Elke keer as hy vir my geld gee dan sê ek "donkie".
Eendag huil hy sommer en dadelik wil sy pa weet wat is dan nou fout en hy haak af en sê hy verstaan nie hoekom Ouma hom altyd 'n donkie noem nie.   :icon_biggrin:   Dit het nogal verduidelik gevra. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Anastasia

En ek se:  baie eseltjies vir die lekker lag vir jou en PM
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!