Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 20, 2018, 12:30:11 AM

Title: iek fôrstaan nié en buy a donkey
Post by: Meraai vannie Baai on August 20, 2018, 12:30:11 AM
My Kiwi skoondogter het haar Afrikaanse woordeskat van twee sinne (iek fôrstaan nié / iek is liev fôr jou) aangevul met nog 'n sin waarop sy baie trots is: 'buy a donkey' - so onthou sy 'baie dankie'  :icon_biggrin:

As iemand nog sulke hulpmiddels het, kom deel asseblief. Buy a donkey!
 :angel8: :wave:
Title: Re: iek fôrstaan nié en buy a donkey
Post by: PM on August 20, 2018, 12:23:58 PM
Baie goed Raaitjie. 
Ek speel altyd Monopoly met Jacian.  Hy is nou 7 en hy is altyd die bankbestuurder.  Elke keer as hy vir my geld gee dan sê ek "donkie".
Eendag huil hy sommer en dadelik wil sy pa weet wat is dan nou fout en hy haak af en sê hy verstaan nie hoekom Ouma hom altyd 'n donkie noem nie.   :icon_biggrin:   Dit het nogal verduidelik gevra. 
Title: Re: iek fôrstaan nié en buy a donkey
Post by: Meraai vannie Baai on August 20, 2018, 11:05:20 PM
Kostelik!!
Title: Re: iek fôrstaan nié en buy a donkey
Post by: Anastasia on August 21, 2018, 07:09:48 AM
En ek se:  baie eseltjies vir die lekker lag vir jou en PM